Urban Elephant 1814
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Prestwich-straat 70, The Docklands-kompleks, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R3 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Urban Elephant 1814 is 'n moderne en luukse selfsorgwoonstel op die 18de verdieping van die veilige The Docklands-kompleks in die gewilde Groenpunt-, De Waterkant- en Foreshore-area.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Albei beddens het luukse linne. Die badkamer het 'n stort, toilet, wasbak, kamerjasse, slippers en luukse produkte.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met Netflix. Veselinternet is beskikbaar.
The Docklands-gebou het 24 uur-sekuriteit met toegangsbeheer en 'n portierdiens, 'n lieflike dek op die dak en 'n kuierarea met 'n swembad en 'n onderdakgasbraai. Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Niles Geverifieer
Eiendomme 26
Resensies 3
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Prestwich-straat 70, The Docklands-kompleks, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Prestwich-straat 70, The Docklands-kompleks, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap