V3 Paros
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 48 Ipathla Road, Shakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
V3 Paros is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Shakas Rock. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek aangesien hierdie woonstel asemrowende 180-grade see-uitsigte het.
Hierdie ruim woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Bad en 'n stort is in die tweede badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl hulle die see-uitsigte bewonder. Die ligging van hierdie eiendom is stapafstand van baie winkels en bekende restaurante af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 13
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 48 Ipathla Road, Shakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 48 Ipathla Road, Shakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal