Vaaldam Huis
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Rosebay 155, Vaal Dam Skiereiland, Oranjeville, 1995, Vrystaat
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Vaaldam Huis bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n grasdakhuis en -woonstel aan die oewer van die Vaaldam sowat 12 km van Oranjeville af. Gaste kan die rus en vrede van die area geniet soos hulle oor die dam uittuur.
Die huis het slaapplek vir 18 gaste en die woonstel vir 4.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers waarvan 1 'n soldervertrek is en daar is 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, stoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Albei slaapkamers het 'n koningingrootte-bed. Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike hoekbank en 'n TV.
Die woonstel en huis bied albei toegang tot 'n groot stoep met 'n ingeboude braai en 'n buite-eetstel. Daar is ook 'n kroegarea, 'n pool-tafel, swembad en 'n veerpylbord.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Heidi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 22
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Rosebay 155, Vaal Dam Skiereiland, Oranjeville, 1995, Vrystaat
- Gaste dink Vaaldam Huis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Rosebay 155, Vaal Dam Skiereiland, Oranjeville, 1995, Vrystaat