Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vakansie Chalet in Palinggat Oord

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, Palinggat-Oord 136, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Vakansie Chalet in Palinggat Oord is 'n selfsorghuis in 'n sekuriteitskompleks in die kusdorp, Stilbaai. Die kompleks is naby 'n gholfklub, die strand en die Goukourivier.

Die chalet het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer, asook 'n aparte toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gassstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n platskerm-TV met DStv.

Daar is WiFi en ‘n battery om die WiFi en TV aan te hou tydens beurtkrag.

Die kombuis lei na 'n stoep met 'n buite-eetstel, sonsambreel, wasgoedlyn en braaigeriewe.

Gaste het toegang tot die kompleks se swembad, plonspoel, muurbalbaan en speelarea vir kinders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Daryl Ann G
5.0
Perfect! Beautifully furnished and well-equipped cottage, thoughtfully furnished with the guests' comfort and convenience top of mind! ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Desone A
Gesin met klein kinders
5.0
Dit is definitief 'n must do! Dit was fantasties! Vakansie Chalet in Pallinggat Oord is 'n must! Dit was fantasties! Dit was asemrowend vir die kinder...
Sien meer
Mrt 2024
Faiza V
Gesin met tieners
5.0
We enjoyed our stay and will definitely recommend the resort. We enjoyed the peace and quiet. It was truly tranquil. We left energized ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Joey L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plek. Alles was baie netjies en skoon en op hul plek. Alles wat jy nodig het, is in die huis. Baie tevrede.
Sep 2023
Jacob C
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon, netjies, stil, goeie waarde vir geld. Mens kry baie meer as wat jy verwag. Sal beslis weer by Palinggat wil bly.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anso Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Hoofstraat, Palinggat-Oord 136, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vakansie Chalet in Palinggat Oord het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, Palinggat-Oord 136, Stilbaai-Wes, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYZjCI9vbqNZxgMrz9pZJHOC3KDU96KxZBKPaW30h7S9RO5EvkE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 16 5 1 5 Main Road, 136 Palinggat Resort Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.375418477698 21.408666315483

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang