Valley Lakes
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R617, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Valley Lakes is 'n skilderagtige en rustige wegbreek in die suidelike Drakensberge en bied 'n toevlugsoord van rivier- en stilwatervlieghengel, voëlkyk en drafroetes. Die eenhede is op die oewer van die Ndawana-rivier geleë, net soos dit die ongerepte water van die pragtige Curragh-meer binnegaan.
Die verblyf beskik oor 2 selfsorgkothuise met 2 dubbelslaapkamers onder. Daar is 2 enkelbeddens of dubbelbeddens in elke kamer en 4 ekstra enkelbeddens op die tussenvlak. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis met eetgerei en breekware, asook 2 toilette, 'n bad en 'n stort.
In die eenhede is daar 'n kaggel om te verseker gaste sal al te lekker en gesellig in die koue winters binne kan kuier. Daar is ook 'n braaiplek buite sodat gaste die pragtige natuurskoon kan waardeer en inneem.
Valley Lakes is 'n kunsvlieghengel-bestemming van formaat en gaste kan reg voor die kothuise of op die Curragh-meer hengel. Daar is oorgenoeg spasie vir wandelings en voëlkyk. Daar is ook 'n klimraam en natuurwandelings vir die kinders. Roeibote is vir kinders onder 12 met toesig beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Samantha Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 34
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- R617, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Valley Lakes het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R617, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang