Valverde Country Hotel
- Kapasiteit: 64 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beyers Naude-verlenging, Erf 5 Lammermoor, Lanseria, 1748, Gauteng
- Vanaf R990 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Valverde is 'n unieke venue in Spaanse styl in die Muldersdrift-area. Ons bied die ideale venue vir troues, funksies, konferensies en akkommodasie in 20 kamers in plattelandse styl. Die Spaanse dekor en persoonlike aandag wat ons gaste hier ontvang, maak van Valverde 'n eiesoortige blyplek.
Daar is 12 Ateljee-Dubbeleenhede met gratis WiFi, plattelandse-styl meubels en en suite-badkamers met storte. Die kamers front suidwes of suid. Daar is 1 ekstra enkelbed beskikbaar vir dié eenhede.
Die 6 Superior Dubbel-eenhede het elkeen gratis WiFi, 'n koninggrootte-bed, plattelandse-styl meubels en 'n en suite-badkamer met bad en stort. Die kamers front noordwes. Daar is 2 ekstra enkelbeddens beskikbaar vir dié eenhede.
Ons Bruid-Suite het gratis WiFi en 'n ekstra lang koninggrootte-bed, elegante mahoniehout-meubels en 'n hemelbed. Die eenheid het 'n sitarea en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die kamer front suidwes. Dis ideaal om jou trou-venue en verblyf sommer op dieselfde plek te bespreek.
Daar is 5 Gerieflike Dubbelkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, plattelandse meubels, 'n en suite-badkamer met 'n stort en front suid of suidwes.
Let asb. daarop dat rook verbode is in die kamers.
'n Volledige Engelse ontbyt word ingesluit in die B&B-pakket en word daagliks tussen 07:00 en 10:00 bedien. Saans word 'n driegangmaal van 19:00 af in die Palm Restaurant bedien met sitplek binne en buite.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Frans
- Duits
- Italiaans
- Spaans
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Jabu Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 66
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Beyers Naude-verlenging, Erf 5 Lammermoor, Lanseria, 1748, Gauteng
- Gaste dink Valverde Country Hotel het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Lanseria Wes-Rand Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 64 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beyers Naude-verlenging, Erf 5 Lammermoor, Lanseria, 1748, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang