Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Van Dykshuis Guest House

Gastehuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Lars V
1 nag
5.0
Sep 2024

Manjifiek! Ek kon nie vir beter vra nie. Ek beveel Dykshuis met absolute vrymoedigheid aan!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Beste Lars. Dankie vir jou ruimhartige resensie. Dit was 'n fees om jou te huisves en ons hoop dat jy weer hier kan tuisgaan. Vriendelike groete, Tom en Magda van Dyk.

Anuschke C
1 nag Saam met vriende
5.0
Jun 2024

Baie mooi, lekker plek! Het ongelooflik lekker gebly! Kamers was baie mooi en skoon. Was vriendelik ontvang en kon enige tyd bel as ons iets nodig gehad het. Sal definitief weer hier bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Beste Anuschke Baie dankie vir jou mooi woorde! Dit was ons voorreg om julle te huisves en ons hoop dat julle gou weer 'n draai sal maak in Heidelberg. Vriendelike groete, Tom en Magda

Tobie W
Kort verblyf
5.0
Mei 2024

Baie netjiese verblyf. Baie lekker gebly en geslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Liewe Tobie Dankie vir jou vriendelike resensie! Ons is verheug om te hoor jy het ons netjiese verblyf geniet en lekker geslaap. Jou gemak is ons topprioriteit. Ons sien daarna uit om jou binnekort terug te verwelkom! Vriendelike groete, Tom en Magda

Suzette J
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Feb 2025

Goeie en ook nuwe memories gemaak in Heidelberg, waar ek grootgeword het. Lieflike plek, met gawe eienaars. Internet in kamer (Peer 1) was weak/fair (dit was teleurstellend). Dankbaar vir die lekker lang bad, stort is klein, dus het manlief ook maar gebad.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Liewe Suzette - dankie dat jy vir ons 'n resensie skryf - dis van onskatbare waarde. Dankie dat jy jou ervaring met ons deel! Ons is bly om te hoor dat jy jou verblyf geniet het en dat Heidelberg wonderlike herinneringe vir jou teruggebring het. Dit is altyd spesiaal om gaste met 'n persoonlike verbintenis met die dorp te verwelkom. Ons waardeer jou vriendelike woorde oor ons plek en gasvryheid. Jou terugvoer oor die internet en stortgrootte is waardevol, en ons sal dit beslis in ag neem vir toekomstige verbeterings. Ons is bly jy kon ontspan en die lang bad geniet! Ons hoop om jou weer by jou volgende besoek aan Heidelberg te verwelkom. Veilige reis en hartlike groete! Vriendelike groete, Tom en Magda van Dyk

Angelo D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

Definitely a 4 star rating. The guests are fantastic and will go out of their way to make you feel welcome and comfortable. Always ready to help.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Dear Angelo, your warmth and kindness brightened our day! Thank you for a lovely review. We're thrilled to hear you felt welcomed and comfortable. See you soon! Kind regards, Tom and Magda

Andrew L
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Rustig, goed toegerus. Altyd 'n lekker ondervinding om daar te bly, dankie aan die eienaars vir julle gasvryheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Beste Andrew Dankie dat jy vir ons 'n resensie geskryf het. Ons waardeer jou ondersteuning en dat jy ons gastehuis gekies het. Dit is verblydend dat jy die gastehuis se rustigheid kon geniet. Vriendelike groete, Tom en Magda

Deon B
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Mrt 2024

Van Dykshuis is 'n uitsoek plek, smaaklik versier, netjies en veilig. Dankie vir die vriendelike en uitstekende diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Goeie more Deon Dit is nou 'n riem onder die hart om so 'n mooi omskrywing te lees! Ons werk hart-en-siel aan die gastehuis vir ons gaste se genot en sien dat dit vrugte afwerp. Hoop om weer eendag van hulp te kan wees. Magda

Izette N
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2024

Verblyf uit die boonste rakke. Ons is baie vriendelik ontvang deur Magda en Tom. Kamers is pragtig, silwerskoon en daar word aandag gegee aan klein detail. Vir seker 'n gunsteling by ons!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Liewe Izette. Dankie dat jy tyd afgestaan het om vir ons so 'n besonderse resensie te skryf. Ons waardeer dit opreg. Dit was ons voorreg om julle te huisves en hoop om julle gou weer te verwelkom. Vriendelike groete, Tom en Magda.

Marina V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2024

Rustige gebied. Baie rustig en gemaklike tuiste en ruim kamers. Ek sal net sê die prys kan dalk net ontbyt insluit, want dit was net 'n oorslaap. Baie vriendelike ontvangs en gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Liewe Marina Baie dankie vir jou gloeiende resensie! Ons is verheug om te hoor dat jy ons gastehuis rustig, gerieflik en ruim gevind het. Jou vriendelike woorde oor ons gasvryheid maak werklik ons harte warm. Ons streef daarna om te verseker dat elke gas tydens hul verblyf welkom en op hul gemak voel. Wees verseker, ons sal jou terugvoer oor ontbytpryse in ag neem. Dit was 'n plesier om jou te huisves, en ons hoop om jou binnekort terug te verwelkom vir nog 'n heerlike ervaring! Vriendelike groete, Tom en Magda

Christine N
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Des 2024

Vriendelik, mooi, veilig. Ja, ons het lekker gebly. Parkering net 'n issue.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tom
Van Dykshuis Guest House
Liewe Christine. Baie dankie dat jy die tyd geneem het om jou ervaring met ons te deel! Ons is verheug om te hoor dat jy lekker gebly het en aspekte soos ons netheid, ligging en sekuriteit waardeer het. Ons erken dat parkering 'n bietjie van 'n uitdaging was, en ons waardeer opreg jou geduld en begrip. Jou terugvoer is vir ons van onskatbare waarde aangesien ons daarna streef om ons dienste en fasiliteite vir al ons gaste te verbeter. Dit was 'n plesier om jou te huisves, en ons hoop om jou terug te verwelkom vir 'n nog beter verblyf in die toekoms!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tom Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 23, Heidelberg, 1441, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd74ba37a2d7d93a7a30847fbb26fa6ade32e5fa8bc64dbe30df25b2db59a3459653fa19c342e8cd4f99c5039b948bc21514c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 23 Pretorius Street Heidelberg 1441 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.495586481529 28.35763335228

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang