Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Van Dykshuis Guest House

Gastehuis
Naweekaanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Mrt 2025 tot 31 Des 2025.

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 23, Heidelberg, 1441, Gauteng
  • Vanaf R1 400 R1 190 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ver verwyder van die stadsrumoer, in die hartjie van die manjifieke Suikerbosrand, wag Van Dykshuis Guest House in Heidelberg om jou te verwelkom in 'n wêreld van onderbeklemtoonde elegansie, rus en stilte en persoonlike aandag.

Hetsy jy in die omgewing is vir sake of plesier, bied Van Dykshuis Guest House die ideale verblyf in hul woning met sy Victoriaanse styl. Soggens sal jy wakker word met voëlgesang en paddas wat kwaak. Lê terug en ontspan in 'n oorspronklike Victoriaanse bad en geniet die rus en stilte.

Elkeen van die 14 ruim en stylvolle slaapkamers het hul eie karakter. Digte, luukse gordyne en meubels wat spesiaal uitgekies is, dra by tot die gerief van elkeen van die gaste. Elke kamer is toegerus met alles wat jy sou benodig asook gemaklike beddens.

Elkeen van die kamers het 'n en suite-badkamer, WiFi, 'n lessenaar met genoeg spasie vir jou skootrekenaar, 'n kluis, 'n platskerm-TV met sekere satelliet-kanale wat 'n sport- en filmkanaal insluit. Internasionale kragproppe, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie, lugversorging vir verkoeling en hitte, 'n haardroër en toiletware word voorsien. Al die kamers word daagliks skoongemaak en daar is ook 'n gratis wasgoeddiens beskikbaar.

Geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek, 'n braai-area, kaggel, 'n volledig toegeruste gimnasium en konferensie-geriewe in. 'n Ekstra bed is beskikbaar in sommige kamers en 'n bababed of hoë stoeltjie kan voorsien word. 'n Luisterryke tuin, 'n buite-swembad en 'n bruidskamer is beskikbaar.

Gaste kan gerus oefen in die volledig toegeruste gimnasium, ontspan in die beeldskone tuin of afkoel in die swembad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Lars V
5.0
Manjifiek! Ek kon nie vir beter vra nie. Ek beveel Dykshuis met absolute vrymoedigheid aan!
Sep 2024
Anuschke C
Saam met vriende
5.0
Baie mooi, lekker plek! Het ongelooflik lekker gebly! Kamers was baie mooi en skoon. Was vriendelik ontvang en kon enige tyd bel as ons iets nodig geh...
Sien meer
Jun 2024
Tobie W
5.0
Baie netjiese verblyf. Baie lekker gebly en geslaap.
Mei 2024
Angelo D
Gesin met tieners
5.0
Definitely a 4 star rating. The guests are fantastic and will go out of their way to make you feel welcome and comfortable. Always read...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Andrew L
5.0
Rustig, goed toegerus. Altyd 'n lekker ondervinding om daar te bly, dankie aan die eienaars vir julle gasvryheid!
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tom Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Pretorius-straat 23, Heidelberg, 1441, Gauteng
  • Gaste dink Van Dykshuis Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Heidelberg Gauteng
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 190
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 400
R 1 400 R 1 190
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretorius-straat 23, Heidelberg, 1441, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd74ba37a2d7d93a7a30847fbb26fa6ade32e5fa8bc64dbe30df25b2db59a3459653fa19c342e8cd4f99c5039b948bc21514c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400 nouVanaf R1 190 per nag, vir 2 mense 32 5 1 5 23 Pretorius Street Heidelberg 1441 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -26.495586481529 28.35763335228

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
242526272812345678910111213141516171819202122232425262728293031123456