Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vans View

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 10 Nov 2024 tot 29 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 9 Sha Bay Villas, Lilliecrona Boulevard 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R550 R468 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Vans View is 'n selfsorg-vakansiewoonstel op die grondvloer wat in 'n sekuriteitskompleks in Uvongo geleë is. Die woonstel is teen die strand geleë op die welbekende Lillecrona Boulevard en is ideaal vir die hele gesin. Ouma, Oupa en die kinders is almal welkom hier!

Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n slaapbank in die sitkamer wat geskik is vir 2 kinders. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die gerieflike sitkamer het 'n platskerm-TV en DStv-koppelpunt, so bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart saam. Die woonkamer bied toegang tot die patio en privaat tuin met 'n braaiplek.

Die kompleks het 'n swembad wat in 'n tropiese tuin geleë is met 'n gemeenskaplike braaiplek met tafels en stoele. Die woonstel het 1 veilige onderdakparkeerplek en daar is ook parkeerplek vir waentjies beskikbaar. Die naaste strand, Lucien-strand, het Blouvlagstatus en dis net 'n paar minute se stap van die woonstel af. Daar is ook verskeie visvangplekke binne stapafstand waar jy kan gaan lyn natmaak.

Uvongo is die ideale basis vanwaar omliggende besienswaardighede soos Oribi Gorge, Wild Coast Sun en Ushaka Marine World besoek kan word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Persoonlike Kluis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Leeann S
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker vakansie. Dankie vir die vakansie atmosfeer! Alles wat ons nodig gehad het, son, see en 'n sagte bed!
Okt 2024
Colette S
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome, liefdevolle, vreugdevolle en beste plek ooit. Die mooiste see-uitsig. Woonstel is netjies. Ons het ons tydjie verskriklik geniet. Dit voel so...
Sien meer
Sep 2024
Rina K
5.0
Sal Vans View definitief hoogs aanbeveel. Het 5 nagte in Vans View no 11 bespreek. Was absoluut verras, fantastiese verblyf. Netjies, skoon, alles bes...
Sien meer
Mrt 2024
Shaun U
Gesin met klein kinders
5.0
Rustend. Baie lekker gebly, dankie.
Nov 2023
Johan G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie goed en geen probleme. Ek en my vrou het dit baie geniet en dis baie goed geleë. Jy kan beide kante toe beweeg om alles te verken en te gaan waar...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Stephanie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 68

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 9 Sha Bay Villas, Lilliecrona Boulevard 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Vans View het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
R 550 R 468
per nag (plek vir 6)
Vanaf R550
R 550 R 468
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 9 Sha Bay Villas, Lilliecrona Boulevard 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJkMTFkNzBjLTc2ODAtNGIxZC1hMDU5LTA3OTQzNjdmYWRiZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R550 nouVanaf R468 per nag (plek vir 6) 21 5 1 5 9 Sha Bay Villas 6 Lilliecrona Boulevard 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 09:00 -30.851187833224 30.385933220387

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang