Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vanzylsrus Hotel

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olivierstraat, Van Zylsrus, 8467, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Vanzylsrus Hotel is 'n boetiekhotel, sentraal geleë vir reisigers wat na Johannesburg, die Kgalagadi Natuurreservaat en Botswana wil toer. Vanzylsrus is in op die wal van die droë Kurumanrivier in die Kalahari geleë.

Die hotel het 'n ruim en suite-kamers en 1 luukse wittebrood-suite. Elke kamer is uniek versier volgens 'n Kalahari-tema. Die kamers beskik elk oor 'n TV, lugversorging, 'n haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe. Die wittebrood-suite het 'n buitestort in 'n afgesonderde tuintjie.

Die opgeleide kombuispersoneel sorg vir watertandlekker geregte, van Kalahari-steak tot ander bekende Kalahari-geregte. Etes word in die beeldskone eetkamer of die ruim stoep bedien, waar luukse verkoelers die hitte op warm dae tem.

Die kroeg is 'n ideale watergat waar gaste hulle dors kan les en hulle kan verdiep in die verhale van die woestyndorpie wat deur plaaslike boere vertel word. Vir die boekwurms is daar 'n gerieflik sitkamer waar hulle met hul neus in 'n boek kan verdwyn.

By die glashelder swembad kan gaste aan 'n skemerkelkie in die vlakwater teug of net in die son bak. In die privaat boma kan gaste goeie wyn en 'n gesellige vleisie op die kole geniet. Daar is ook 'n "curio"-winkel met Kalahari-aandenkings. Die konferensiesaal kan 'n minimum van 10 mense akkommodeer. Dit kan ook gebruik word vir spanbou-doeleindes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 120 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Anthon H
Gesin met tieners
5.0
A wonderful experience in a beautiful hotel. An absolutely amazing hotel and the most wonderful people. Enjoyed our sleepover there ver...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Petra V
Saam met vriende
5.0
Aangenaam en verfrissend. Altyd 'n plesier om daar te bly.
Nov 2024
Ilse P
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Die verblyf was uitstekend. Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam en gaan uit hulle pad om jou tuis te laat voel. Die hotel verdi...
Sien meer
Okt 2024
Lizanne H
Saam met lewensmaat
5.0
Wat 'n klein juweel tussen die rooi duine van die Kalahari. Die ontvangs, diens en opregte vriendelikheid van al die personeel was net 'n riem onder d...
Sien meer
Okt 2024
Eddie V
5.0
Fantastiese plek. Ongelooflike lekker plek.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Petro Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 120

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Olivierstraat, Van Zylsrus, 8467, Noord-Kaap
  • Gaste dink Vanzylsrus Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olivierstraat, Van Zylsrus, 8467, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA86870b3d5cd840cd40f6f0507a90232769a44bd1e8337a5c79f6248908d32bbdd3f371124a03e29a5f147f92b3ea1d8f39b4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 120 5 1 5 Olivier Street Van Zylsrus 8467 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.877857257898 22.052342673937

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang