Verlatenkloof Guest Farm
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R354, 26 km voor Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Verlatenkloof Guest Farm is op die R354, 26 km voor Sutherland. Dit is ideaal vir besoekers wat Sutherland se omgewing wil verken, die pragtige bergpasse wil beleef, of 'n stukkie van die Anglo-Boereoorlog wil naspoor.
Dié plaas bied gerieflike selfsorgverblyf in 6 kothuise. Die kothuise is Klipspringer, Dassiegat, Bojaankrans, Ribbok, Bergsig en Rivierhuis. Elke kothuis het 'n gemaklike bed, badkamer met 'n stort of 'n bad, sonkrag, gaskookgeriewe, 'n kaggel en 'n braai-area. Alle linne en handdoeke is by die pryse ingesluit. Gratis WiFi is beskikbaar.
Verlatenkloof is ook 'n produserende plaas. Gaste is welkom om die plaas te verken en al langs die skaap-paadjie tot bo op die berg te stap - die uitsig is pragtig. Saans krioel die naghemel van al die sterre. Doen gerus navraag as jy die SALT (Southern African Large Telescope) wil besoek.
Aktiwiteite in die omgewing sluit voëlkyk, voetslaan en fietsry in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Alta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R354, 26 km voor Sutherland, 6920, Noord-Kaap
- Gaste dink Verlatenkloof Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Tankwa Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R354, 26 km voor Sutherland, 6920, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang