Verloren Lodge
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Verloren Lodge, 108, Modimolle, 0510, Limpopo
-
Vanaf
R1 100R990 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Verloren Lodge is op 'n wildlandgoed tussen Modimolle en Bela-Bela, aan die suidelike rand van die Waterberg-biosfeer geleë. Hierdie area is vir sy wild, toerisme en landbou bekend.
Verloren Lodge is die ideale bestemming vir natuurliefhebbers wat op soek is na 'n rustige, ontspannende toevlugsoord.
Die lodge beskik oor 2 eenhede wat elk slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders het. Elke eenheid het 'n oopplan-sitarea, kombuisie, 'n slaapkamer en 'n privaat en suite-badkamer. Elke eenheid beskik oor 'n privaat ingang, 'n braai-area en 'n tuin met 'n uitsig oor die Bosveld. Gratis WiFi, asook veilige parkeerplek is beskikbaar.
Aktiwietite by die lodge sluit bergfietsry, voetslaan, fotografie, voël-, wildkyk, swem en 'n braai in en alles is reg op die rand van die bos.
Nabygeleë besienswaardighede sluit die Cheetah Rehabilitasiesentrum, Thaba Kwena Krokodilplaas, Thaba Monate Zipline, Bambelela Vervet Monkey Care Centre, Weesgerus Warmwaterbronne, Koro Creek Gholflandgoed en Walking with Elephants in.
Daar is ook 'n verskeidenheid nabygeleë restaurante, winkels en supermarkte in Modimolle wat 11 km ver is, asook Bela-Bela wat 16 km ver is.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Verloren Lodge, 108, Modimolle, 0510, Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Verloren Lodge, 108, Modimolle, 0510, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang