Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vermaak-Likheid Garden Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 119, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Die eenheid is ‘n klipgooi vanaf die vryvloeiende Goukourivier wat in die warm Atlantiese Oseaan uitmond. Die riviermonding is deurgaans oop en bied ‘n asemrowende speelplek vir menigte vlieërbranderryers (‘kite surfers’). Op winderige dae kan daar tot 40 vlieërs in die branders getel word.

Dit is ‘n ook ‘n veilige swemarea en is aanliggend aan 3 Blouvlagstrande, wat onder die wakende oë van bekwame lewensredders is tydens die piekseisoen.

Die rivieroewer bied skoon sandstrande wat ‘n mens laat smag na lang, romantiese stappies teen die rivier en die bou van lug- en natuurlik ook, regte sandkastele.

Die kothuis het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Daar is 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer. Die badkamer het 'n stort en 'n wasbak, asook 'n aparte toilet. Daar is ook 'n driekwartbed en 'n enkelbed in die oopplan-leefarea.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n wasbak, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, diepvrieskas, 'n ketel, broodrooster en 'n tweeplaatgasstoof. Daar is gemaklike rusbanke en stoele en 'n TV met plaaslike kanale in die leefarea.

Veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar. Goedgemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Let asb. dat daar nie WiFi in die eenheid is nie, slegs SABC-kanale. Tydens die spitsseisoen is DStv beskikbaar vir 12 dae of langer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Norman Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Waterkantstraat 119, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vermaak-Likheid Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterkantstraat 119, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc2526fc1cefa159a292eee14cbce59a3196db1b50f4dbd0b77d99121fe9fb0dc9346658e5635577cb279bf1c1620f8ca22de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 4) 20 5 1 5 119 Waterkant Street Stilbaai 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.37510582046 21.417251229286

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang