Victoria's Pride
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Auretstraat 11, Posbus 73, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Skud die langpad se verveling af en beleef die vrede en vars lug onder die helder Karoo-hemel. Sluit by ons aan vir rustige oornagverblyf. Victoria's Pride streef daarna om 'n rustige toevlugsoord vir mense van alle oorde wat op soek is na veilige verblyf te bied.
Al ons kamers het privaat ingange, lugversorging en en suite-badkamers. Ons is stapafstand van omtrent alles af van dokterspreekkamers tot hospitale en restaurante (1 km weg).
By Victoria's Pride, sowat 615 km van Kaapstad af, word jy verwelkom met hartlike, vriendelike Karoo-gasvryheid en is jy verseker van stil en rustige oornagverblyf.
Dit is 'n skoon, netjiese en veilige omgewing met fantastiese uitsigte, asemrowende sonsondergange en dis boonop uitstekende waarde vir geld.
Bekostigbare ontbyt, ligte middagete/middagetepakkies en aandete is beskikbaar op vooraf versoek. Kredietkaartgeriewe is beskikbaar.
Gaste kan sterrekyk onder die skitterende naghemel. Ons vriendelike personeel sal byderhand wees om aan al jou spesifieke behoeftes te voldoen. Gaste het 'n keuse van 9 eenhede met dubbel- en enkelbeddens. Die kamers is smaakvol versier, die lug is vars en die sterre ontelbaar. Daar is parkeerplek voor jou kamer. Ons handhaaf 'n rookvrye omgewing maar gaste is welkom om buite te rook.
Al die eenhede is toegerus met TV's (1, 2, 3, eTV) en DStv of opelugsatelliet-TV. Laat weet asseblief vooraf of jy toegang tot DStv wil hê. Elke kamer het 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe en tuisgebakte beskuit of koekies. Mikrogolfoonde is beskikbaar in al die kamers.
Onthou asseblief dat tariewe net 'n aanduiding is en kan verander. Bevestig asseblief tariewe wanneer jy bespreek.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Mercia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 104
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Auretstraat 11, Posbus 73, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
- Gaste dink Victoria's Pride het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Victoria-Wes Karoo Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 28 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Auretstraat 11, Posbus 73, Victoria-Wes, 7070, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang