Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Views

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridge-weg 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Views is hooggeleë in 'n stil area van Clarens en bied die pragtigste uitsig op die Rooiberge, die Golden Gate-area en die Malutiberge vanuit die kamers en ook vanaf die stoep. Die ingang na die pragtige Clarens Natuurreservaat, 'n bergreservaat met verskeie stap- en bergfietsroetes, is net 100 m vanaf die eenhede.

Views beskik oor 2 aparte eenhede, elk met 'n TV, gratis WiFi, 'n selfsorg-kombuis en 'n badkamer.

Eenheid 1 bied slaapplek aan 4 gaste in 'n aparte hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Hier is slaaplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Eenheid 2 is 'n oopplan-eenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Hier is slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Elkeen van die eenhede het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n eetarea. Die eenhede beskik elkeen oor 'n TV met DStv.

Elke eenheid het 'n houtkaggel vir die koue winteraande, en hout word voorsien.

Die eenhede bied elkeen toegang tot 'n balkon met 'n Weber. Onderdakparkeerplek word vir elke eenheid voorsien, sowel as ekstra parkeerplek vir besoekers. Ingeboude braaigeriewe is ook onderdak beskikbaar.

Views is net 1,6 km van die plein in Clarens af waar gaste verskeie winkels en restaurante sal raakloop. Die Clarens-dam is stapafstand vanaf die huis en ideaal vir swem, visvang en pieknieks in die somer.

Views gebruik sonkrag en daar is geen beurtkrag nie!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 279 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Gertriana S
Saam met vriende
5.0
Puik. Ja, baie lekker, dankie.
Sep 2024
Michelle P
Saam met lewensmaat
5.0
Amazingly awesome! Ons verblyf was absoluut fantasties! Love Views. Sal weer.
Aug 2024
Annalie S
Saam met lewensmaat
5.0
Te gou verby! Ons het baie lekker gebly en sien uit om weer te gaan. Dis baie stil en rustig en daar is alles wat mens nodig het. Ons het ook baie lek...
Sien meer
Aug 2024
Zanel V
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies, pragtige uitsig. Ou meubels en glad nie modern nie, maar dit is baie skoon en netjies met 'n pragtige uitsig. Dit is alles wat mens no...
Sien meer
Aug 2024
Chrisna H
Saam met lewensmaat
5.0
Kos vir die siel! Ons het die wegbreek baie geniet, met lekker bly en die mooiste uitsig!
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bastiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 279

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Ridge-weg 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Views het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridge-weg 1, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5loMxrrmYXCN1nIeu193FsG3FxYqiRBgudiqQWlMFceusBfamD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 279 5 1 5 1 Ridge Road Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.521242929911 28.409974503305

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang