Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Views

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridge-weg 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Views is hooggeleë in 'n stil area van Clarens en bied die pragtigste uitsig op die Rooiberge, die Golden Gate-area en die Malutiberge vanuit die kamers en ook vanaf die stoep. Die ingang na die pragtige Clarens Natuurreservaat, 'n bergreservaat met verskeie stap- en bergfietsroetes, is net 100 m vanaf die eenhede.

Views beskik oor 2 aparte eenhede, elk met 'n TV, gratis WiFi, 'n selfsorg-kombuis en 'n badkamer.

Eenheid 1 bied slaapplek aan 4 gaste in 'n aparte hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Hier is slaaplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Eenheid 2 is 'n oopplan-eenheid met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Hier is slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders, of vir 3 volwassenes.

Elkeen van die eenhede het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, en 'n eetarea. Die eenhede beskik elkeen oor 'n TV met DStv.

Elke eenheid het 'n houtkaggel vir die koue winteraande, en hout word voorsien.

Die eenhede bied elkeen toegang tot 'n balkon met 'n Weber. Onderdakparkeerplek word vir elke eenheid voorsien, sowel as ekstra parkeerplek vir besoekers. Ingeboude braaigeriewe is ook onderdak beskikbaar.

Views is net 1,6 km van die plein in Clarens af waar gaste verskeie winkels en restaurante sal raakloop. Die Clarens-dam is stapafstand vanaf die huis en ideaal vir swem, visvang en pieknieks in die somer.

Views gebruik sonkrag en daar is geen beurtkrag nie!

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 301 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Roelien V
5.0
Rustige plekkie met die mooiste views. Die huisie is cosy en gesellig! Rustige plekkie met die mooiste views. Die huisie is cosy en gesellig en het he...
Sien meer
Des 2024
Marli L
Gesin met tieners
5.0
Die uitsig en blyplek was perfek, geen klagtes nie. Alles wat ons nodig gehad het, was daar. Die eienaars was baie vriendelik en het ons welkom laat v...
Sien meer
Des 2024
Willem F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Dit was baie lekker en alles was so skoon en 'n pragtige uitsig.
Des 2024
Hennie A
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie netjiese gastehuis, sal enige tyd weer teruggaan, baie mooi uitsig.
Nov 2024
Louwma S
5.0
Net wat mens nodig het vir die siel. Was awesome, met pragtige uitsig. Beveel definitief aan vir rustige verblyf en as jy lief is vir die natuur. Voel...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bastiaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 301

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Ridge-weg 1, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Views het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ridge-weg 1, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5loMxrrmYXCN1nIeu193FsG3FxYqiRBgudiqQWlMFceusBfamD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense 301 5 1 5 1 Ridge Road Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.521242929911 28.409974503305

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang