Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa 27

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harold Ashwell-boulevard 27, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
  • Vanaf R18 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Villa 27 bied luukse selfsorgverblyf in die kusdorpie Melkbosstrand in Kaapstad. Die vakansiehuis spog met 'n skilderagtige see-uitsig vanaf die dek en direkte toegang tot die strand. Op helder dae kan gaste Tafelberg en Robbeneiland in die verte bewonder.

Dié dubbelverdieping-vakansiehuis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoof- en tweede slaapkamer is ruim en het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Albei hierdie slaapkamers lei na die stoep met 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n hangstoel, en die vierde en vyfde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die villa het 2 sitareas. Die eerste sitarea is informeel en het 'n groot platskerm-TV, en die ander sitarea het 'n biblioteekarea. Die volledig toegeruste kombuis sluit alle toebehore in om maaltye voor te berei, sowel as 'n opwasarea met 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die oopplan-leefarea bied 'n etenstafel met sitplek en rusbanke. Daar is ook skuifdeure wat na 'n dek met 'n tafel, bankies, 'n plonspoel en 'n uitsig oor die fynbos en strand lei. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 5 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Harold Ashwell-boulevard 27, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R18 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R18 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harold Ashwell-boulevard 27, Melkbosstrand, 7437, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAec63f005dc1f33e757bd2cb5f6fff01ed88b48377ca3e423d06902728b405d66bee4dd7742a82f33aaa329c45c543aa83778?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R18 000 per nag (plek vir 10) 27 Harold Ashwell Boulevard Melkbosstrand 7437 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7170626 18.4444352

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang