Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Africa Guesthouse

Gastehuis

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Hendrik D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Goeie en bekostigbare verblyf om die omgewing te verken. Die personeel by Villa Africa het ons baie tuis laat voel, amper soos ou vriende. Die blyplek is van hoogstaande gehalte en die etes is baie lekker en goed voorberei. Baie veilige parkering. Sal beslis hierdie akkommodasie aanbeveel. Ons het lekker hier gekuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendrik D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Sommer net 'n lekker plek om oor te bly. Baie lekker gebly. Goeie beddens om op te slaap. Lekker ontbyt gekry. Die restaurant op die perseel is aanbeveelbaar. Die personeel was uiters vriendelik en behulpsaam. Sal beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louwrens E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2023

So heerlik. Dis 'n wonderlike plek om te bly met heerlike ontbyt.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sias V
1 nag Saam met lewensmaat
3.8
Sep 2024

Baie goed en moeite werd. Die diens, verblyf en kos was regtig goed en aangenaam.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Helena H
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Skoon en netjies Lieflike gastehuis wat beslis aanbeveel sal word. Alles is beskikbaar en gasheer was baie vriendelik. Lekker kuierplekkie, as jy tussen die mure kuier, vergeet jy skoon alles wat in die dorp aangaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacqueline H
1 nag Gesin met tieners
4.8
Des 2023

Oulik plek met vriendelike mense. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Joe L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jun 2023

Ons het baie lekker gekuier. Die kamer was gerieflik en skoon. Veilige verblyf. 'n Mooi plek. Pierre is 'n besonderse mens, vriendelik en tegemoetkomend. Ons het sy geselskap baie geniet.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bianca L
1 nag Gesin met tieners
5.0
Aug 2022

Baie spasie met lekker kuierarea. Ons het baie lekker gekuier en geslaap. Die dubbelkamers is skoon en gemaklik, die slaapsaal met plek vir 8 gaste is ruim met sy eie kombuis en leefarea. Daar is ook 'n eet- en kuierplek waar mens kos kan bestel of self kan braai. Als baie goed toegerus. Ons was baie beïndruk en sou die plek aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Michiel Andries O
Kort verblyf
4.6
Apr 2022

Baie huislik. Karen het vir ons heerlike pizzas gemaak in pizza-oond.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Lizelle
Villa Africa Guesthouse
Goeie dag, Baie dankie vir die positiewe Resensie. Dit is waarvoor ons strewe. Ek sal die resensie aan ons personeel wys sodat hul kan sien dat hul harde werk raak gesien word. Vriendelike Groete, Lizelle

Clinton B
1 nag Gesin met tieners
3.0
Des 2021

Swak. Ons het met eienaar gereël dat ons laat gaan wees deurdat ons opgehou was by die Charles Hill Grenspos. Alhoewel webtuiste gesê het ons kan inboek tot en met 00:00 die nag het ek nogtans die eienaar op hoogte gehou met hoe laat ons daar gaan wees. My laaste boodskap aan hom het gesê ons sal teen 23:00 daar wees. Ek is egter 22:55 daar. Ek moes saam met my vrou 35 min sukkel om iemand te kry om vir ons oopte maak. Toe ons in is het hy ook nie genoegsame parkering gehad nie, Ons is gesê daar is koffie en suiker beskikbaar, maar toe ons in die blik geriewe kyk wat hy van praat is die koffie so aangepak van ouderdom en gelyk soos n swart loperige mengsel en die suiker was vol miere. Die volgende oggend het ek buite gesit en rook nadat ek 06:30 wakker gemaak is om my voertuig te kom sluit. Die wakker maak was iemand wat tot voor my bed gekom het en nie eens geklop het nie. Die vrou met tattoos, van wie ek nie seker is wat die naam is nie, het haar nie aan ons voorgestel nie en terwyl ons oppak is my dogter deur 'n skoonmaker aangejaag, ons kon 10:00 uitboek en dit was op die stadium 07:45, om haar goed te verwyder uit die huis uit want sy moes kyk of ons goed wegdra. Ons is nie koffie of enige iets aangebied daardie oggend nie en boonop moes jy ekstra betaal as jy 'n lugversorger wil gebruik. R100 per remote. Dit is nie eens op sy advertensie as ekstra aangemeld nie. Hulle is uiters swak.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lizelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13de straat 1713, Tsumeb, 0000, Osjikoto
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb2531411d83b4b9476358a9136021d823abe1a24794b071a1694106e89a078ccc628e99e52164e9324f43bae7477e3981ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 1713 13th Street Tsumeb 0000 Osjikoto 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -19.253804454479 17.720314264297

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang