Villa Candilabra
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilweg 94, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kom ontspan in 4-ster-weelde by Villa Candilabra met die opsie van B&B- of selfsorg-verblyf in Villa Too Gastehuis.
Ons voorsien uitstekende verblyf in Komatipoort met 'n uitsig oor die wêreldberoemde Krugerwildtuin. Villa Candilabra sal enige iemand heerlik pamperlang, van die vername sakereisiger tot moeë reisigers en uitbundige toeriste wat die Laeveld kom besoek.
Villa Candilabra in Komatipoort het 9 luukse en suite-slaapkamers met lugversorging wat aandag skenk aan die fyner details om te verseker dat jou verblyf absoluut onvergeetlik is.
Die selfsorg-gastehuis is langsaan en dit spog met 10 slaapkamers wat slaapplek bied vir 20 gaste wat deel. Dit is ideaal vir groot familie-byeenkomste of groep-wegbreke. Villa Too bied die vryheid van selfsorg met 'n pragtig ingerigte en volledig toegeruste gemeenskaplike kombuis en 'n keuse van 3 eetareas: die hoofeetkamer of eethoekies op verskillende vlakke.
Hier kan jy wakker word met die geluid van die Krokodilrivier wat verby kabbel en die visarend wat hoog in die lug roep na sy maat. As jy deur die gordyne loer sal jy dalk selfs 'n trop olifante van die naburige Krugerwildtuin sien verbystap.
Die Mosambiek-kuslyn en/of Swaziland is net 1 uur se ry van ons af en die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin is slegs 12 km ver. Villa Candilabra en Villa Too is dus perfek geleë vir lang vakansies.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Skuifie-projektor
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Linda/Lene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Krokodilweg 94, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
- Gaste dink Villa Candilabra het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Komatipoort Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 14
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krokodilweg 94, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang