Villa Maria
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 51, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R15 500 per nag (plek vir 18)
Beskrywing
Villa Maria is op die skilderagtige oewer van die Zinkwazi-strandmeer in KwaZulu-Natal geleë en bied 'n luukse wegbreek aan gesinne en vriende. Hierdie pragtige huis is op die strandmeer en bied direkte toegang tot die hoofstrand. Dit spog met 'n asemrowende uitsig oor die see en strandmeer, asook 'n privaat inglipbaan sodat gaste hul boot maklik in die water kan kry.
Dié ruim huis bied slaapplek aan 18 gaste en beskik oor 6 slaapkamers. Daar is 3 hoofslaapkamers wat elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet het. Die 2 standaardkamers het elk 'n koningingrootte-bed en gaste gebruik 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n aparte toilet. Die oorblywende kamer het 4 stapelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond, oond, eetgerei, breekware, menger, ketel, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus is. Die kombuis lei na 'n eetarea met genoeg sitplek. Die sitarea het gemaklike rusbanke en lei na 'n gemeubileerde stoep en 'n kroegarea.
Daar is 'n aparte speletjies- en TV-sitarea wat ook 'n kombuisie en 'n badkamer met 'n stort het. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie verblyf het 'n dek met 'n swembad, sonstoele en 'n tweede stoep. Daar is 'n gasbraai, Weber-braai en 'n ysmasjien. Gaste kan die pooltafel, tafeltennis en 'n tuin geniet. Boonop is daar ook kano's en roeiplanke.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
4 x Stapelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ligging
- Nkwazi-rylaan 51, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 51, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang