Villa Maria
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alabama-straat 12, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R4 732 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Villa Maria is 'n ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Langebaan. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n onvergeetlike vakansie aangesien die eiendom bederf met 'n vonkelende swembad en stapafstand vanaf die strand is.
Dié dubbelverdieping-eiendom kan altesaam 10 gaste op 'n slag gerieflik akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 3 en suite is. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed sowel as 'n stapelbed. Al 3 en suite-badkamers het 'n stort, terwyl die vierde badkamer met 'n bad en 'n stort toegerus is.
Die leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien ook beskikbaar. Die knus sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Boonop het hierdie huis 'n vermaakarea met 'n pooltafel en 'n tweede TV. Hierdie area maak oop op 'n pragtige tuinruimte met 'n swembad en 'n braai-area met 'n buite-etenstafel wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Albert Geverifieer
Eiendomme 71
Resensies 348
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Alabama-straat 12, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Villa Maria het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Alabama-straat 12, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang