Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Med

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rothmanstraat 4, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa Med is in Wilkoppies geleë, 'n deftige en gevestigde woonbuuurt binne stapafstand vanaf die mediese fasiliteite van Ancron geleë. Sunningdale en Wilmed Park is net 1 km van ons af. Villa Med is 'n splinternuwe gastehuis wat unieke oornagverblyf in stylvolle gastekamers aanbied.

Die verblyf is geskik vir kontrakwerkers wat langer wil bly, sakereisigers, vakansiegangers en gesinne wat naby aan die hospitale wil wees.

Al die kamers is gemeubileer om uiterste gemak en privaatheid te voorsien. Gaste is welkom om te ontspan, onder die lapa te braai en langs die swembad te lê of daarin af te koel. Ons bied akkommodasie vir 'n maksimum van 10 gaste in 5 ruim dubbelkamers. Die kamers het en suite-badkamers en Cloud 9-beddens.

Die gastehuis se geriewe sluit in: lugversorging in al die kamers, 'n platskerm-TV met DStv in al die kamers, tee- en koffiemaakgeriewe met vars melk en beskuit daagliks voorsien, toiletware en handdoeke, swembadarea met braaigeriewe, 'n privaat wasgoeddiens indien nodig, veilige parkering met jou eie afstandbeheer vir die hek gedurende jou verblyf, 'n gerieflike rookarea buite en 'n daaglikse skoonmaakdiens vir linne en die kamer.

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 93 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Chimorne V
Saam met lewensmaat
5.0
Die linne is van uitstekende gehalte. Ons het lekker warm geslaap. Dankie, ons het heerlik gebly. Die linne is van uitstekende gehalte. Ons het lekker...
Sien meer
Jun 2024
Chimorne V
Saam met lewensmaat
5.0
Dankie, ons het lekker gebly. Linne was van fantastiese gehalte en ons het heerlik warm geslaap. Dankie, ons het lekker gebly. Linne was van fantastie...
Sien meer
Jun 2024
Leonie K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly, rustige area en eienaars is hartsmense! Sien sterre.
Jun 2024
Lourenco M
Besigheidsreis
5.0
Ek het vir werk gereis, geen probleem gehad. Dit was baie lekker, rustig en privaat, goed geleë.
Apr 2024
Braam C
5.0
Ideaal geleë, skoon en netjies. Die eenheid was netjies skoon en ideaal geleë. Daar is min plekke wat bied wat ek vra, en dit is 'n eenheid wat goed u...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Madga Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 93

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rothmanstraat 4, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Noordwes
  • Gaste dink Villa Med het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rothmanstraat 4, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4b7874ca0475b3a1967a1007474efda201334a972aca71a13f8990780e27e800637a52830574a2851d71603c7b65bc4c3e9f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 93 5 1 5 4 Rothman Street Wilkoppies 2571 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -26.843458034082 26.670041457672

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang