Villa Mia 7
Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 1
-
Inkloktyd: 10:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Katonkelstraat, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R980R882 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Villa Mia 7 is 'n selfsorgwoonstel wat in St. Lucia geleë is. Dié kusdorpie aan KwaZulu-Natal se Olifantkus is die poort tot die iSimangaliso Vleilandpark wat een van die grootste parke in Suid-Afrika is met lieflike wildsafari's, diverse ekosisteme, seekoeie, krokodille, bootvaarte op die riviermond en ongetemde wildernis wat gaste regoor die wêreld lok.
Dié woonstel het slaapplek vir 6 persone en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Daar is lugversorging en plafonwaaiers.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met DStv. Daar word daaglikse skoonmaak dienste voorsien. Die eenheid lei na 'n patio met braaigeriewe. Die patio het 'n uitsig oor die gemeenskaplike swembad en daar is parkeerplek agter 'n elektriese hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 33
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Katonkelstraat, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Villa Mia 7 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 1
-
Inkloktyd: 10:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Katonkelstraat, St Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang