Villa Pascal Guest House
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Westhuizen-laan 28, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Villa Pascal Guest House is 'n gewilde bestemming vir sakereisigers, vakansiegangers en toeriste. Dit is 'n bekroonde gastehuis en bied luukse B&B-verblyf en het konferensie- en trougeriewe. Dit is Valmary-park in Durbanville geleë.
Elkeen van die kamers lei na die luisterryke, omgewingsvriendelike, organiese tuin wat spog met 'n oorvloed inheemse plante, blomme, kruie en voëls. Gaste kan 'n heerlike wandeling deur die delikaat-gegeurde paadjies tussen die laventel en jasmyn geniet. Of gaste kan net lekker afkoel in die swembad. Geriewe in die kamers sluit 'n gemaklike dubbelbed met Egiptiese perkallinne en hipoallergeniese kussings en beddegoed, 'n LED-TV met plaaslike kanale en Netflix. Daar is ook 'n waaier, haardroër (op versoek) en lessenaar. Die kombuisie in Pascal Suite is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en breekware.
Villa Pascal Guest House kan 'n teemaaltyd of kaas en wyn in die middae bedien. Die verblyd spog met kreatiewe en opwindende ontbyt-skeppings en besprekings vir middagete en aandete kan by die restaurant op die perseel gemaak word. Gaste kan 'n tradisionele Franse ontbyt of 'n stewige Suid-Afrikaanse ontbyt geniet, of die Franse, Kreoolse, Marokkaanse en Italiaanse disse op die middagete- en aandete-spyskaarte geniet, of net 'n heerlike slaai eet. 'n Komplimentêre Franse ontbyt van varsgebakte croissants, tuisgemaakte konfyt en koffie word by die prys ingesluit, maar alle ander etes is op die gas se eie rekening.
Daar is 'n restaurant op die perseel en die kok berei opwindende Franse, Kreoolse, Marokkaanse, Italiaanse en Mediterreense geregte voor. Daar is ook vegetariese, veganistiese en glutenvrye opsies. Alle etes is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Die verblyf is naby winkels, banke, restaurante, gimnasiums, gholfklubs, privaat hospitale en verskeie wyn-, kuns- en kultuurroetes. Daar is maklike toegang tot die N1 en N2 hoofroetes en ons is net 20 min se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe, die stadskern en die V&A Waterfront af.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Frans
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Skuifie-projektor
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Van Der Westhuizen-laan 28, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Durbanville Noordelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Westhuizen-laan 28, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang