Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

@Villa Riviera 12

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal Weg, Villa Riviera 12, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

@Villa Riviera 12 is 'n goed gemeubileerde vakansiewoonstel wat in 'n veilige kompleks in Hartenbos geleë is. Dié woonstel spog met lieflike uitsigte oor die rivier vanaf die balkon en is ideaal geleë sowat 1 km vanaf verskeie restaurante, winkels, en die bekende ATKV-verhitte swembad en 'n entjie van die strand af.

Die eenheid het 'n omskakelaar en word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Hierdie lieflike woonstel het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer met lugversorging het 'n koningingrootte-bed, spieëltafel en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet met 'n bidet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer maak ook oop op die omheinde stoep met 'n dubbelslaapbank met slaapplek vir 2 gaste en kan afgeskort word met 'n opvoudeur vir ekstra privaatheid. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer is toegerus met 'n bad, stort, toilet, wasbak, wasmasjien en tuimeldroër.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n dubbeldeur-yskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel met stoele waar gaste hul etes saam kan geniet. Die leefarea met lugversorging is ingerig met 'n gemaklike rusbank en platskerm-TV met Showmax en Netflix. Beperkte gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die skuifdeure maak oop na die ruim balkon met 'n etenstafel met stoele, 'n Weber-braai, 'n sambreel, en twee dekstoele om te ontspan na 'n lang dag op die strand. Daar is ekstra braaigeriewe buite op die grasperk met 'n pragtige uitsig oor die Hartenbosrivier en 'n buitestort. Die Riviera Hotel grens aan die kompleks waar gaste die swembad kan gebruik. Gratis en veilige parkeerplek is beskikbaar onder 'n skadunet op die perseel asook 'n toegewese toesluitmotorhuis.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet met bidet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet met bidet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Persoonlike Kluis
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Bernard Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Port Natal Weg, Villa Riviera 12, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal Weg, Villa Riviera 12, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ef2063b0be5339c472018eaacb2f25c0df0f648e9085654cfb9327fcc6ba9b0dc87542c636f5aa356dd7a239f40c99be751?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) Port Natal Weg Villa Riviera 12 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.118371504928 22.117609187997

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang