Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

@Villa Riviera 12

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal Weg, Villa Riviera 12, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

@Villa Riviera 12 is 'n vakansiewoonstel wat in 'n veilige kompleks in Hartenbos geleë is. Dié woonstel spog met 'n uitsig oor die rivier vanaf die balkon en is net sowat 1 km vanaf verskeie restaurante, winkels, en die bekende ATKV-verhitte swembad en pretpark geleë. Dit is ook naby die strand.

Die eenheid het 'n omsetter en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed, spieëltafel en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer lei na 'n beskutte stoep met 'n dubbelslaapbank wat slaapplek aan 2 gaste bied en kan afgeskort word met 'n konsertina deur vir ekstra privaatheid. Die tweede slaapkamer met dakwaaier het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet, wasbak, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die oopplan-kombuis het 'n dubbeldeuryskas, gaskookplaat, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet. Die leefarea het lugversorging met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met Showmax en Netflix. Gratis, beperkte WiFi is beskikbaar.

Die skuifdeure lei na 'n groot balkon met 'n etenstafel met stoele, 'n Weber-braai, sambreel en twee dekstoele. Daar is ekstra braaigeriewe buite op die grasperk met 'n uitsig oor die Hartenbosrivier. Daar is 'n buitestort. The Riviera Hotel grens aan die kompleks waar gaste die swembad kan gebruik. Gratis, veilige parkeerplek is onder 'n skadunet beskikbaar. asook n toesluitmotorhuis.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet met bidet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet met bidet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Persoonlike Kluis
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Bernard Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Port Natal Weg, Villa Riviera 12, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal Weg, Villa Riviera 12, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ef2063b0be5339c472018eaacb2f25c0df0f648e9085654cfb9327fcc6ba9b0dc87542c636f5aa356dd7a239f40c99be751?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6) Port Natal Weg Villa Riviera 12 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.118371504928 22.117609187997

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang