Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Riviera 24

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Anonieme gas
Lang verblyf Saam met vriende
4.4
Des 2024

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jano B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Mrt 2024

Mooi plek en baie potensiaal maar sal ongelukkig nie weer terug gaan. Die plek kan baie lekker wees. Ons het ongelukkig 'n dag vroeër gery omdat vlooie ons gebyt het deur die nag. Wanneer daar loadshedding was, het groot kakkerlakke uitgekom. Ons het net drie gesien. Die woonstel het 'n baie bedompige reuk gehad soos 'n plek wat lank toegestaan het. Ek sal aanbeveel dat hulle net daardie gifbomspuitbottels vir insekte in die plek spuit om die sandvlooie en kakkerlakke dood te maak. Dan ook dalk 'n venster oop te laat dat dit nie so bedompig is nie.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Sonja
Villa Riviera 24
Goeie dag Jano. Dankie vir die terugvoer en ons sal aandag gee daaraan. We het nog nooit voorheen klagtes oor dit gehad nie. Jy kon enige tyd laat weet het toe julle dit opmerk, dan kon ons iemand uitgestuur het om te spuit. Mooi bly. Sonja

Hercules V
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Jun 2023

Great ervaring. Ek en my seun wou nie vertrek nie. Die eenheid se logging is fantasties en die plekkie is toegerus met als wat mens benodig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sharon V
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Jan 2023

Hartenbos is kos vir 'n mens se siel. Die uitsig was prentjiemooi. Sekuriteit was baie goed. Ek sal beslis Villa Riviera 24 aanbeveel. Hartenbos vakansie was als die moeite werd. Son, see en rus. Dankie Villa Riviera 24.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
Villa Riviera 24
Baie dankie Sharon. Bly julle het dit geniet.

Elna S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Mrt 2023

Geen waaier of iets soortgelyk nie. Moet dus met deur en vensters oop slaap en die area langs lagoon is betrek met muskiete. Dus het ons 4 nagte van min rus gehad en moes in sitkamer slaap vir meer sirkulasie. Daar is ook geensins voorsiening gemaak vir beurtkrag nie, slegs 2 kerse. Dit nie meer aanvaarbaar nie aangesien dit deel van ons lewe is. Geen waaier of iets soortgelyk nie. Eenheid baie bedompig in somermaande met baie muskiete a.g.v. die lagoon en grasarea. Met die gevolg dat alle vensters en deure oopgelos moet word vir sirkulasie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Sonja
Villa Riviera 24
Goeiedag Elna, baie dankie vir die terugvoering en ons sal beslis aandag gee aan jou versoek vir 'n waaier en herlaaibare lig kry vir die eenheid. Groete. Sonja

Lizette J
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2022

Pragtige uitsig, netjies, gerieflik. Pragtige plek, baie skoon en netjies, mooi uitsig, gerieflik naby alles. Baie veilig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Shaanta L
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Apr 2022

Lekker gekuier. Ons het lekker gebly. Goeie ligging. Baie veilig. Wat vir my teleurstellend was is die onderstaande: Geen yster (moes maar een gaan koop). Was 'n mop , maar geen houer vir mop. Tafel in sitkamer het ek weg geskuif en daar was nie skoon gemaak nie. Banke is al verby hul vervaldatum. Geen toiletpapier, toilet spray, ketel se oor raak vuur warm en sit nie af nie. Indien iemand gesê het ons verskaf niks ekstra nie, dan sou ek beter beplan het. Daar is 'n wasmasjien, maar aan niks gekoppel nie. Weet nie of Hartenbos se troeteldiere in kombuis klein miere is nie, want kombuis was vol klein miere. 'n Mens kan niks op tafel los nie (ek praat nou nie eers van soetgoed nie), miere kruip in als in. Ek hou nie van 'n mier nie (groot of klein). Eerste keer in Hartenbos - het see en waterfront geniet.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Sonja
Villa Riviera 24
Goeie dag, Dankie vir die terugvoer. Ons sal aandag gee aan die items genoem. Ons stuur altyd epos uit met wat ons verskaf en nie, aangesien dit 'n selfsorg eenheid is. Aangesien julle eers die dag van inboek betaal het om bespreking vas te maak, is dit nie gedoen nie. Ons sal ook kyk om te laat spuit vir die miere. Waardeer die terugvoer, sodat ons almal se verblyf aangenaam kan maak. Die wasmasjien is op wielietjies en kan gekoppel word, so sal dit so noem vir huurders voorentoe. Groete, Sonja

Helga S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2021

Baie netjies, gerieflik en goed geleë naby see en winkelsentrum. Hierdie akkommodasie kan ons beslis aanbeveel. Eienaar en agent is baie vriendelik en hulpvaardig. Die plekkie is pragtig en het 'n mooi uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Sonja
Villa Riviera 24
Baie dankie vir die goeie terugvoer, Helga.

Adriaan M
Lang verblyf
4.2
Des 2021

Lekker gebly. Beddens kan vervang word. Motorhuis te klein vir Amarok. Deur kan nie toe nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Sonja
Villa Riviera 24
Baie dankie vir die terugvoer. Ons sal aandag gee aan die beddens, maar kan ongelukkig niks aan die motorhuis doen nie. Daar is wel parkeerplek onder skadunette ook vir gebruik. Groete, Sonja.

Jackie S
Kort verblyf Saam met vriende
3.8
Sep 2021

Plek was mooi skoon, oulik vir 'n wegbreek. Net teleurgesteld gewees toe ons daar aangekom het was daar konstruksie werk aan die voorkant van die lagoon en die masjiene het ontsettend geraas, selfs met die skuifdeure toe wat uitloop na die balkon het ons dit nog steeds gehoor. Daar was nie ekstra komberse nie, en daar was ook nie kussings vir die stoele op die balkon nie, tensy ons dit alles mis gekyk het, maar ons het orals gesoek. Wat ons ook nie geweet het nie is dat die woonstel op die 2de vloer is, so die 32 trappe op was nogal moeilik gewees vir iemand wat sukkel om trappe te klim en nog met bagasie ook, geen hysbakke nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Sonja Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 66

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 050
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 050
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-weg 133, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA89b4da60fc49c369673a381caed79354d5a80d95538f44a3c7b4a5cb5b72f0ac05f5b3f35d0b0da99d8cd770920b2235d4d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 050 per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 133 Port Natal Road Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.11841868113 22.11743840527

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang