@Villa Riviera 3
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg, Villa Riviera 3, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
@ Villa Riviera 3 is 'n goed gemeubileerde vakansiewoonstel wat op die grondvloer van 'n veilige kompleks in Hartenbos geleë is. Dié woonstel spog met lieflike uitsigte oor die rivier van die voorstoep af en is ideaal geleë sowat 1 km vanaf verskeie restaurante, winkels, en die bekende ATKV-verhitte swembad.
Hierdie lieflike woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet met 'n bidet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die leefarea is ingerig met 'n dubbelslaapbank en platskerm-TV met Showmax en Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die skuifdeure maak oop na die privaat patio met 'n etenstafel en stoele, en 'n Weber-gasbraai. Daar is ekstra braaigeriewe buite op die grasperk met 'n pragtige uitsig oor die Hartenbosrivier. Die Riviera Hotel grens aan die kompleks waar gaste die swembad kan gebruik. Gratis en veilige parkeerplek is beskikbaar onder 'n skadunet op die perseel asook 'n toegewese toesluitmotorhuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet met bidet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet met bidet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Bernard Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Port Natal-weg, Villa Riviera 3, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink @Villa Riviera 3 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Port Natal-weg, Villa Riviera 3, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang