Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Siena

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mutley-weg 17, Drieankerbaai, Seepunt, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Villa Siena is 'n vakansiehuis in Seepunt, slegs 500 m vanaf Rocklands-strand en 600 m vanaf Drieankerbaai-strand. Hierdie verblyf bied leiflike uitsigte vanaf die balkon wat dit die ideaal vir 'n kuswegbreek maak.

Hierdie gesinshuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, leefarea, 'n dek op die dak en 'n Jacuzzi. Die hoofslaapkamer met lugversorging is op die boonste verdieping en het genoeg kasruimte, 'n koningingrootte-bed, 'n bababed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die skuifdeur lei na 'n privaat dek met sitplek. Beide die tweede en derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het elk 'n dubbelbed. Gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n aparte gastetoilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, gaskookplaat, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n lang etenstafel met stoele. Die kombuis lei na die leefarea met gemaklike rusbanke, kaggel en platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die skuifdeur lei na 'n klein, beskutte stoep met 'n Jacuzzi en gasbraaigeriewe. Die onderste verdieping het 'n kroegarea by die ingang en daar is 'n speletjieskamer wat gaste kan geniet. Verder is daar 'n beskutte tuinarea en veilige parkeerplek is in die motorhuis beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Jacuzzi
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.8/5

Jenny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Mutley-weg 17, Drieankerbaai, Seepunt, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Siena het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mutley-weg 17, Drieankerbaai, Seepunt, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd0c8bb2cfe4db440e7710000398f291229cd9a4f2156bfbafff9239cd8a32ff6bd8f42519c265408b43bef0f82b3f1be288f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 17 Mutley Road Three Anchor Bay 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -33.910684 18.396321

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang