Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Simondium

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deltacrest Country Estate 9, Delta-weg, Groot Drakenstein, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
  • Vanaf R12 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Villa Simondium is 'n selfsorg-dubbelverdiepinghuis met 'n grasdak op die veilige Deltacrest Country Estate. Dit is 'n perdelandgoed in die middel van die pragtige Franschhoek- en Stellenbosch-wingerdstreek, langs die gesogte wynplaas Solms-Delta.

Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers, 'n TV-sitkamer op die boonste verdieping en 'n ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea.

Die eerste en tweede slaapkamer is op die boonste verdieping geleë. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n aparte toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en bied toegang tot 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dié 2 slaapkamers lei na 'n sitarea met rusbanke en 'n platskerm-TV op die boonste verdieping.

Die derde en vierde slaapkamer is op die onderste verdieping geleë en lei na 'n buite-area. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 2 wasbakke. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat slegs vir kinders geskik is en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die goed toegeruste kombuis sluit 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en 'n toonbank met stoeltjies in, asook 'n opwaskamer. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste en die knus sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel.

Die leefarea het deure aan albei kante wat na buite lei. Daar is 'n onderdakstoep met buitemeubels en sonstoele, wat na 'n swembad lei en dié area lei na 'n tweede onderdakstoep met 'n piekniektafel, vuurput en sitplek.

Villa Simondium is privaat en romanties en ideaal vir diegene wat lief is vir die natuur, kos en wyn. Ontspan in hierdie huis, proe wyn en maak 'n draai by die nabygeleë Kaapse Wynland-besienswaardighede soos Boschendal en Babylonstoren, of koel in die privaat swembad af wat deur inheemse eikebome en die pragtige Drakensteinberge en Simonsberg omring word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Kinderbed vir 1

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • Deltacrest Country Estate 9, Delta-weg, Groot Drakenstein, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 12 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 12 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deltacrest Country Estate 9, Delta-weg, Groot Drakenstein, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7e60afcd952d6b2725647b05cd7fd4fc4d49a550b614b306f19520509b42eba1eaffe542b69302cf793be7a5471b1731b3eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R12 500 per nag (plek vir 6) 9 Deltacrest Country Estate Delta Road, Groot Drakenstein 7680 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.865145886857 18.99109504432

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang