Villa St Clair
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kuduweg 74, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Villa St Clair is 'n bekoorlike vakansiehuis wat uitkyk oor 'n privaat strand in Ballito. Niks kan vergelyk word met dié skilderagtige see-uitsig nie.
Dié dorp skuil tussen die oneindige suikerriet, KwaZulu-Natal se bekende Green Gold en het weerskante goue strande met die warm water vanaf die Indiese Oseaan.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Daar is direkte toegang tot 'n privaat en veilige swemstrand. Die slaapkamers is op die onderste verdieping en 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed wat 2 enkelbeddens is wat teenmekaar geskuif is en 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die een slaapkamer het 'n en suite badkamer en die ander gaste deel 'n badkamer met 'n bad en toilet. Die stort is apart vir al die gaste om te deel.
Die oopplan-leefarea en -kombuis is op die boonste verdieping. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV en die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 10 mense.
Lugversorging is slegs beskikbaar in die slaapkamers op die onderste vlak. Die sit-/eetkamer is toegerus met plafonwaaiers wat met 'n afstandbeheer werk.
Gaste kan afkoel in die swembad of swem by die nabye privaat strand.
Dis nie ideaal vir baie jong kinders en bejaardes nie, weens steil trappe wat vanaf motorhuis na woning en vanaf woning na privaat strand lei.
Let asb. dat strandhanddoeke nie voorsien word nie.
Villa St Clair is 'n selfsorg-eenheid. Gaste moet dus asb. hul eie skottelgoedseep, toiletpapier en swartsakke, ens. saambring.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Olesea Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kuduweg 74, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Villa St Clair het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 2
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kuduweg 74, Ballito, 4301, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang