Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Swart

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14de Laan 59, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 990 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Villa Swart is 'n modieuse selfsorgvakansiehuis sowat 150 km noord van Kaapstad op die strand in St. Helenabaai geleë. Dit is die ideale wegbreek vir familie en vriende.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met en suite-badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n stoep, koninggrootte-bed, koffietafeltjie met 2 stoele en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en 'n spa-bad. Die tweede en derde slaapkamer het dubbelbeddens en deel 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, balkon met 'n see-uitsig, gemaklike stoele, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort, spa-bad en 'n toilet. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed, lessenaar, slim-TV, gemaklike swaaistoel en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n sesplaatgasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser is ook in die kombuis beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n kroeg met stoele in die leefarea.

Buite is daar 'n houtdek met meubels, 'n draagbare braai en 'n see-uitsig, asook 'n swembad. Die huis bied ook veilige parkeerplek en direkte toegang tot die strand.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Samantha Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 60

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 14de Laan 59, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 990
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 6 990
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14de Laan 59, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAace5f79c05c7cd794b76987d02c8566f8fd89a79a493404556861318aa3791aa952d8dbde63eeb5f95917ffe0dce67874dbb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 990 per nag (plek vir 10) 59 14th Avenue Shelley Point 7382 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.7058758 17.9771048

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang