Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Vue

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselstraat 4, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Villa Vue is 'n lieflike vakansiehuis wat in Kleinbaai, langs Gansbaai in die Overberg geleë is.

Dié tripelverdiepinghuis is smaakvol versier, het pragtige uitsigte en het slaapplek vir 10 gaste.

Op grondvloer kry jy 'n slaapkamer (De Kelders) met 'n koningingrootte-bed en sy eie badkamer. Op die middelvloer kry jy die hoofslaapkamer (Walker Bay) met 'n koninggrootte-bed. Hier is ook 'n ruim privaat badkamer (bad en stort). Reg langs die hoofslaapkamer is (Boulders) met 2 enkelbeddens. Op dieselfde vloer is nog 'n slaapkamer (Table View) met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer. Die vyfde slaapkamer (Peninsula) is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en kooktoebehore. Ander geriewe sluit 'n binne- en buite braai-area, buite-eetarea, skottelgoedwasser, wasmasjien, TV, DStv, gratis WiFi en kaggel in. Die huis het ook 'n alarmstelsel, sekuriteitseine en veilige parkeerplek. Daar is 'n tafeltennis-blad in die ontspannings area.

Besienswaardighede en doendinge in die omgewing sluit in Fernkloof Natuurreservaat, Walkerbaai Natuurreservaat, Witdoodshaai-ervaring, see-kajakvaar, perdry, wynproe en meer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Louise L
Gesin met tieners
5.0
Heerlike wegbreek wat vir seker aanbeveel kan word. Pragtige verblyf, en die huis is smaakvol gemeubileer, met alle geriewe en toerusting soos benodig...
Sien meer
Aug 2024
Anita L
Besigheidsreis
5.0
Absoluut perfek en ek moet en wil terug gaan. Dit was baie meer as lekker - dit was super fantasties lekker. Luuks, ruim, alles wat jy mag nodig hê pl...
Sien meer
Jan 2024
Brandon B
Gesin met tieners
5.0
Very satisfied. Superb. Everything one needs, they had it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Chantelle E
Saam met vriende
5.0
Pragtige huis met 'n fantastiese view van die see. Pragtige huis gebou in vlakke. Ideaal vir vriende en gesinne met tieners. Die huis is goed toegerus...
Sien meer
Sep 2023
Hannalie L
4.8
Goeie herinneringe na 'n heerlike 10 dae-verblyf. Aangename goedtoegeruste verblyf met 'n pragtige uitsig.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Bertha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Mosselstraat 4, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Vue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 5 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mosselstraat 4, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0d21bce55b08fe52ab5b67db0fe68003e30a193c4140ba5c0d2f4de8ec739b079b4e0054c4b1997395f1f4211285c22ebf55?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10) 9 5 1 5 4 Mossel Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.615946 19.353571

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang