Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Village Studio

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Theron Straat 32, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Village Studio is 'n troeteldiervriendelike huis in Fouriesburg, 'n bekoorlike klein dorpie in die Oostelike Vrystaat. Fouriesburg is net 'n hanetreetjie vanaf Clarens en beloof 'n rustige plattelandse wegbreek vir gaste. Dis ook slegs 10 km vanaf die Caledonspoort grenspos wat dit ook die ideale oornagplek maak vir gaste wat Lesotho, of die bekende Afriski-oord wil besoek.

Daar is 2 eenhede naamlik The House @ Village Studio en The Garden Suite @ Village Studio. The House @ Village Studio beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die groot gesinsbadkamer het 'n stort-oor-bad. Die huis het ook 'n toegeruste kombuis en 'n oopplan-sitkamer.

The Garden Suite @ Village Studio het 'n dubbelbed en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n outydse gietysterbad. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus.

Gaste het toegang tot 'n gedeelde tuin met braaigeriewe. Die gedeelde tuin is omhein en dis ideaal vir honde van enige grootte.

Honde met goeie maniere word toegelaai mits dit vooraf gereël word, maar hulle mag nie alleen op die perseel gelos word nie.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Italiaans

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 6 resensies vir Village Studio
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Valerie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 170

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Theron Straat 32, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Village Studio het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Theron Straat 32, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA76b37f8632e1aeecf7aabcb776e88b760d64bf5b82146d5756626d6cde13cd6474c704f9be73d418d86adbbc666cb9fdfdad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 32 Theron Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -28.622888464635 28.208066349668

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang