Hallo Arien
Dankie vir jou resensie by TravelGround aangaande julle onlangse verblyf by Vin Suite in Stellenbosch. Dit was ’n plesier om julle as gaste te he. Baie dankie dat julle alles netjies en skoon agtergelaat het. Die eerste twee sinne van jou terugvoer is baie positief, baie dankie!
Ek was egter verbaas in verband met die res van die boodskap. Ek sou dink ek het meermaals die uitnodiging duidelik gemaak dat ek ter alle tye kontakbaar is indien dit nodig sou wees - hetsy in verband met inliging benodig of enige probleem. Ek is dus verbaas om op hierdie manier te ervaar dat julle eintlik nie heeltemal gelukkig was tydens julle 5 dae verblyf nie, en dit eers op hierdie laat stadium hoor - veels te laat om jul verblyf so aangenaam moontlik te kon maak. Ek sou graag wou toesien dat die probleem dadelik aanspreek word, wat uit die aard van die saak nie moontlik was die, aangesien ek salig onbewus was van die situasie bo julle.
Ek het intussen ook weer ons kommunikasie nagegaan, aangesien ek nie kan verstaan hoekom ek jul ontevredenheid nie opgetel het nie. Ek haal aan jou sms boodskap twee aande voor jul vertrek: “ Hallo daar….dis reg so….bly baie lekker…wat doen ons Dond met die sleutel? Groete…."
Ek net nog nooit vantevore ’n klagte van hierdie aard gehad in die 9 jaar wat ek hierdie selfsorg eenheid bestuur nie. Ek het reeds die eienaar gekontak om op te volg en uit te vind wat die probleem daar was. Ek vra dus om verskoning vir enige ongerief veroorsaak.
Nogmaals dankie
Vriendelike groete
Nicolene
Vin Suite