Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Violet

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 21 Aug 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Violetstraat 6, Fountain Hill, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Violet is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis wat in die kusdorpie Gansbaai geleë is en is 'n ideale opsie vir 'n onvergeetlike vakansie saam met die gesin of 'n groep vriende aan die Overbergse kus aangesien dit naby die hawe is en berguitsigte bied.

Dié dubbelverdieping-eiendom kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die oorblywende 3 slaapkamers elk 'n dubbelbed het. Die 2 badkamers is toegerus met 'n bad en 'n stort, onderskeidelik. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met beide 'n elektriese en gasstoof met oonde, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Boonop het hierdie huis 'n binnenshuise vermaakarea met 'n ingeboude braai, gemaklike sitplek en nog 'n TV.

Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel en sal binne stapafstand vanaf 'n winkelsentrum en die hawe geleë wees. Gansbaai bied 'n verskeidenheid doendinge en besienswaardighede soos haaihokduik, seisoenale walviskyk, wit sandstrande, pragtige natuurreservate en baie visvangplekke.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1

Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 5 resensies vir Violet
Netheid
4.2/5
Diens
4.8/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Cindy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Violetstraat 6, Fountain Hill, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Violet het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Violetstraat 6, Fountain Hill, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAec27287d10b9a77f02e454e0ef42abb174aee29d846aa0d5b494d61a86e0d30c0e3a401e0902756b178831510b58c8130d67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8) 5 5 1 5 6 Violet Street Fountain Hill 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.5871962 19.3539415

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang