Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vir Altyd

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2024 tot 31 Des 2024.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
  • Vanaf R4 500 per nag, vir 18 mense

Beskrywing

Vir Altyd is 'n selfsorghuis in die ekodorp Leeupoort, sowat 70 km vanaf Bela-Bela en 50 km vanaf Thabazimbi in die hartjie van Limpopo. Vir Altyd is die ideale bestemming vir wildliefhebbers en 'n groot gesin, en het slaapplek vir 18 gaste.

Dié dubbelverdiepinghuis spog met 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die huis het lugversorging en waaiers en onderdakparkeerplek vir 4 voertuie.

Op die grondverdieping is daar 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die tweede badkamer het 'n stort. Die sitarea het 'n TV met DStv Premium en XtraView. Die eetkamer bied 'n binnebraai en die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.

Op die boonste verdieping is die derde slaapkamer wat 'n dubbelbed het. Die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens en die vyfde slaapkamer het 4 driekwartbeddens. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n leefarea is ook op die boonste verdieping beskikbaar.

Die huis het 'n kuierarea met 'n kroeg, braaigeriewe, 'n yskas, vrieskas, en oorgenoeg sitplek. Gaste moet hul eie veerpyltjies saambring vir die veerpyltjiebord. Daar is ook 'n boma, swembad en 'n mini-gholfbaan. Setstok en gholfballe word voorsien.

Die natuurreservaat bied 'n selfry-wildrit aan gaste om wild te besigtig, maar dit is ook nie vreemd om sebras, wildebeeste, rooibokke, vlakvarke, njalas, bosbokke, bosvarke en koedoes op die perseel te gewaar nie.

Vir Altyd is 'n idilliese, bekostigbare wegbreek in die bos ver van die gejaagde lewe en 'n plek waar die siel en liggaam kan herlaai.

Kamer-opset

Slaapplek vir 18 mense 6 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Grondpad
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Nastassja F
Gesin met klein kinders
5.0
Heart warming, friendly, beautiful, neat accommodation. We recently had the pleasure of staying at Vir Altyd, and our experience was no...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Louis V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik. Was 'n fantastiese week van rus en baie diere gesien.
Okt 2024
Danie S
Saam met vriende
5.0
Uit die boeke. Ek moet vir almal Deon doen alles wat hy kan om hou welkom te laat voel en doen ook alles om die verblyf so gerieflik te maak dat jy ne...
Sien meer
Okt 2024
Corrie U
5.0
Rustig en lekker. Heerlik saam met diere. Dit was heerlik. Deon en Adri was baie behulpsaam en vriendelik. Sal dit enige tyd aanbeveel. Alles wat jy b...
Sien meer
Mrt 2024
Susan D
5.0
Verwagtings oortref. Lekker uitgerus en die blyplek was uitstekend.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Vir Altyd het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag, vir 18 mense
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag, vir 18 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe8b8a9562d11b98f0c97b0f643f91c2dbcb8c16192b10615797a4691e8a3ef501a92202feaf731b23841619e7d595f42ba58?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag, vir 18 mense 85 5 1 5 847 Kalossie Paadjie Leeupoort 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.926423827508 27.639818966127

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang