Vir Altyd
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Jan 2024 tot 31 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
-
Vanaf
R4 050R3 645 per nag, vir 18 mense
Beskrywing
Vir Altyd is 'n selfsorghuis in die ekodorp Leeupoort, sowat 70 km vanaf Bela-Bela en 50 km vanaf Thabazimbi in die hartjie van Limpopo. Vir Altyd is die ideale bestemming vir wildliefhebbers en 'n groot gesin, en het slaapplek vir 18 gaste.
Dié dubbelverdiepinghuis spog met 5 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 'n woonstelletjie met slaapplek vir 4 gaste. Die huis het lugversorging en waaiers en onderdakparkeerplek vir 6 voertuie.
Op die grondverdieping is daar 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en die tweede badkamer het 'n stort. Die sitarea het 'n TV met DStv Premium en XtraView. Die eetkamer bied 'n binnebraai en die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.
Op die boonste verdieping is die derde slaapkamer wat 'n dubbelbed het. Die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 2 driekwartbeddens en die vyfde slaapkamer het 4 driekwartbeddens. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort en 'n leefarea is ook op die boonste verdieping beskikbaar.
Die woonstelletjie het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n leefarea met 'n stapelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, ketel, eetgerei en breekware toegerus.
Die huis het 'n kuierarea met 'n kroeg, braaigeriewe, 'n yskas, vrieskas, en oorgenoeg sitplek. Gaste moet hul eie veerpyltjies saambring vir die veerpyltjiebord. Daar is ook 'n boma, swembad en 'n mini-gholfbaan. Gaste moet hul eie toerusting vir die mini-gholfbaan saambring insluitend ’n setstok en gholfballe.
Die natuurreservaat bied 'n selfry-wildrit aan gaste om wild te besigtig, maar dit is ook nie vreemd om sebras, wildebeeste, rooibokke, vlakvarke, njalas, bosbokke, bosvarke en koedoes op die perseel te gewaar nie.
Vir Altyd is 'n idilliese, bekostigbare wegbreek in die bos ver van die gejaagde lewe en 'n plek waar die siel en liggaam kan herlaai.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Deon Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 84
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
- Gaste dink Vir Altyd het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Leeupoort Vakansiedorp Waterberg Limpopo
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalossie Paadjie 847, Leeupoort, 0486, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang