Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Visarend's Roep

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 10 Okt 2024 tot 8 Des 2024.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 065 R1 755 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Visarend’s Roep is in Marlothpark wat grens aan die suidelike deel van die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Marlothpark is bekend daarvoor dat kameelperde, koedoes, sebras, blouwildebeeste, vlakvarke, rooibokke, duikers, bosbokke en vele ander kleinwild gereeld tussen die huise rondbeweeg. Marlothpark spog ook met lieflike sonsondergange oor die rivier, die brul van die leeus in die Krugerwildtuin in die agtergrond en die kenmerkende roep van die visarend.

Verblyf is beskikbaar in 'n tweeslaapkamer-selfsorghuis met 'n solderarea. Die huis bied slaapplek aan 8 gaste, kinders ingesluit, verkieslik 4 volwassenes en 4 kinders, maar 'n maksimum van 6 volwassens en 2 kinders kan geakkommodeer word. Daar is 2 slaapkamers met lugversorging en elkeen het 'n dubbelbed. Die solderarea het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Dié area lei na 'n houtdek met 'n pragtige uitsig oor die ongekunstelde natuur. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, potte, panne, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Buite is daar 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai waar gaste om die vuurput kan sit en die sterrenag dophou, of in die swembad baljaar.

Let op dat dit ‘n bewarea is en geen geraas toegelaat word nie. Die huis is ideaal vir natuurliefhebbers wat die rustigheid van Marlothpark wil geniet.

Marlothpark spog met 'n hele rits aktiwiteite soos stap, swem, wildritte en 4x4-roetes. Die Henk van Rooyen-kampeerterrein het 'n tennisbaan en 'n swembad. Daar is ook 'n waterpark by die Bush Centre waar die hele gesin kan baljaar. Gaste kan hul bergfietse bring om die roetes te verken, of al langs die heining gaan wandel.

Marlothpark het 2 winkelsentrums wat in al gaste se basiese behoeftes voorsien. Winkels in die sentrums sluit 'n slaghuis, kruidenierswinkel, vulstasie en restaurante in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 47 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Roulien G
Saam met vriende
5.0
Onvergeetlike kuier in die bos. Definitief die moeite werd! 'n Heerlike wegbreek na 'n pragtige, skoon en netjiese plekkie in die bos. Baie dankie, on...
Sien meer
Sep 2024
Christa D
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plekkie! Pragtige plekkie met alles wat jy dalk kan nodig hê vir 'n kuier, silwerskoon. Baie diere het kom besoek aflê. Heerlike koel plekkie...
Sien meer
Des 2023
Melissa M
Gesin met tieners
5.0
Heerlik gekuier in hierdie bosveld juweel. Pragplekkie, ten volle toegerus. Maak voorsiening vir beurtkrag en watertekort. Heerlik gekuier op die stoe...
Sien meer
Okt 2023
Tony K
Saam met lewensmaat
5.0
Weg van die huis, maar voel tuis. Ons het heerlik gekuier. Martie is 'n gasvrou 1000! Daar het soveel diere kom kuier. Die ligging was baie goed geleë...
Sien meer
Okt 2023
Hennie D
Saam met lewensmaat
5.0
Beste verblyf in Marloth Park. Sal dit aanbeveel aan almal wat in Marloth Park wil gaan kuier. Visarend's Roep is alles wat ons verlang het en nog mee...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Martie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 47

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Visarend's Roep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 065
R2 065 R1 755
per nag, vir 8 mense
Vanaf R2 065
R2 065 R1 755
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c470b8899b06112eda9918d24ce6c398d4957c026868fd96db19d309d64b567def4b08f30bfceaeb983c115d5e4541673af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 065 nouVanaf R1 755 per nag, vir 8 mense 47 5 1 5 2272 Geelslang Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.340723626506 31.777211384962

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang