Vista Bonita 61
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 4 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard-straat, Vista Bonita 61, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 500R1 875 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Vista Bonita 61 is in Diaz-strand, Mosselbaai geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan tot 4 gaste op 'n slag. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit beskik ook oor 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met DStv, en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Dit beskik ook oor 'n kroegarea.
Die leefarea loop uit op 'n patio met 'n gasbraai, Weber-braai, gemaklike stoepmeubels en etenstafel en stoele.
Gaste kry veilige, onderdakparkeerplek op die tweede verdieping vir 1 voertuig en met genoeg spasie vir 'n sleepwa ook.
Die kompleks is langs die Diaz Hotel en die waterpark geleë wat restaurante en vermaak vir kinders bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet met bidet
Badkamer
Stort, Toilet met bidet
Kenmerke
Geriewe
- Skoonheidskliniek
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Gimnasium
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Erika Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Beach Boulevard-straat, Vista Bonita 61, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Vista Bonita 61 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard-straat, Vista Bonita 61, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang