Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vitamiene See

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Sandkopsingel 10, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R960 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Vitamiene See is in die kusdorpie Gouritsmond in die Wes-Kaap geleë. Albei woonstelle het lieflike onbelemmerde uitsigte oor die see en direkte toegang tot die strand en riviermond.

Vitamiene See bied 2 aparte selfsorgwoonstelle. Elke woonstel beskik oor 2 slaapkamers. Woonstel 1 is vir 4 gaste geskik en Woonstel 2 bied slaapplek aan 5 gaste. Elke woonstel het 1 badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die 2 woonstelle het oopplan-kombuise wat elk met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is ook 'n aparte waskamer. Gaste is welkom om hul DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring en dit aan die TV te koppel. Elke woonstel het parkeerplek vir 1 voertuig.

Die woonstelle is in 'n doodloopstraat op die strand en rivieroewer geleë. Die dorp is naby en spog met 3 supermarkte, 'n poskantoor, 'n restaurant en kroeg, en 'n koffiewinkel. Gaste kan verskeie aktiwiteite in die omgewing geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rene H
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik! Dit was ons 2de keer daar en sal weer gaan. Baie vriendelike en behulpsame gashere. Skoon en netjies, bed baie gemaklik, heerlike stoep met...
Sien meer
Feb 2025
Ilze J
Saam met lewensmaat
5.0
Vit See vir die siel. Dit was lieflik op die strand, mooi tuin.
Feb 2025
Werner L
Gesin met klein kinders
5.0
Rus en vrede. Baie dankie aan die eienaars paar vir 'n onvergeetlike vakansie in Gouritzmond. Julle gasvryheid het die hele vakansie baie spesiaal gem...
Sien meer
Jan 2025
Michelle M
Gesin met klein kinders
5.0
Een van ons gunsteling huisies in een van ons gunsteling plekke. Ons het ons vakansie in Gourits by Vitamiene See vreeslik geniet, stil, privaat en ru...
Sien meer
Mrt 2024
Marlese C
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende ligging, baie goed toegerus. Vriendelike gasheer- en vrou. Heerlik gerus! Sal beslis weer besoek.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Sandkopsingel 10, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vitamiene See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 960
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Sandkopsingel 10, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA72875bdd4b4d6958ee4964cbf2c24692a3d90f66ca123ea6b7382c420318588f39ff56a62c82be0ee82b697cb4135212f818?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R960 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 10 Sandkopsingel Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.345995601687 21.880356260748

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang