Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

VlakkiesKraal Guest Farm

Selfsorg
Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2024 tot 28 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 23, Tweefontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R833 R555 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

VlakkiesKraal Guest Farm bied 'n onvergeetlike ervaring in die hartjie van die bosveld in Bela-Bela. Dit is ideaal vir 'n klein gesin, 'n paartjie of 'n groot groep aangesien die verblyf 'n gedeelde plonspoel het.

Hierdie plaas bied verblyf in die Bush House met slaapplek vir 4, twee tentkampe met slaapplek vir 4 elk en 'n Bosvark Cabin met slaapplek vir 2. Die Bush House beskik oor 2 slaapkamers waarvan een 'n koningingrootte-bed en die ander 'n dubbelbed het. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitarea. Die tentkampe het elk 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens en die Bosvark Cabin het 'n koningingrootte-bed. Elke eenheid het sy eie badkamer met óf 'n bad óf 'n stort.

Al 4 eenhede het hul eie kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die Bush House het ook 'n oond. Boonop is daar 'n eetplek vir gaste in elke eenheid en beide die Bush House en die Bosvark Cabin het 'n TV.

Buite elke eenheid is 'n stoep met sitplek en braaigeriewe. Alle gaste het toegang tot 'n gedeelde plonspoel. Hierdie plaas is ongeveer 5 km vanaf Sondela Nature Reserve & Spa geleë, en Bothasvley Natuurreservaat is sowat 18 km vanaf die verblyf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir VlakkiesKraal Guest Farm
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Roelien Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Plaas 23, Tweefontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink VlakkiesKraal Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf R833
R833 R555
per nag (plek vir 2)
Vanaf R833
R833 R555
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 23, Tweefontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc8d4f9fea85775de8044e4b3a99dceff6c30d44cfaa629af132fc1b35a1d102a1bd89bff1294670bacd9d9587872016178e3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R833 nouVanaf R555 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 Farm 23 Tweefontein 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.881620628194 28.369718913863

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang