Vrede @ Liefland
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N7, Biesjesfontein 128, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Vrede @ Liefland is 'n selfsorgeenheid wat ideaal geleë is op die Biesjesfonteinplaas. Dit is ongeveer 10 km vanaf Springbok. Die eenheid is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n afgesonderde vakansie.
Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n eetarea, sitarea en kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe en eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n etenstafel met 2 stoele, 2 rusbanke en 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n stoep met ingeboude braaigeriewe en 'n tafeltjie met 'n uitsig oor die graslande en die diere wat vrylik daar wei. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Laetitia Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 248
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- N7, Biesjesfontein 128, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Gaste dink Vrede @ Liefland het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: N7, Biesjesfontein 128, Springbok, 8240, Noord-Kaap