Vrede & Vreugde
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
MARTIE Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 2 jaar
Opsomming van Resensie
Aletta P - Apr 2024
Algehele gradering
Baie lekker plekkie. Word aanbeveel.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Jul is topsgaste. Kom gerus weer by ons oorbly.
Elna S - Mrt 2024
Algehele gradering
Baie lekker gebly, dankie.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Elna, julle is aangename mense. Dankie dat julle die eenheid besonder netjies agtergelaat het. Dit sê so baie van julle as mense.
Lance S - Okt 2023
Algehele gradering
Exactly what we needed for an overnight stay.
Lees meerVrede & Vreugde se terugvoer
Lance, it was good to meet you and host you at Vrede & Vreugde. Everything we do comes from the bottom of our hearts. If we know the reason why our guests are visiting Ceres, we try to treat them accordingly.
You are more than welcome to contact us again.
Monique J - Mei 2024
Algehele gradering
Als wat ons nodig gehad het vir een aand.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Monique, dankie vir jou positiwiteit. Dit was heerlik om julle te huisves. Kom kuier gerus weer.
Heleen D - Okt 2023
Algehele gradering
Baie vriendelike en goeie diens.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Heleen, dit was vir ons 'n groot voorreg dat julle jul eerste huweliksnag by ons wou deurbring. Mag julle liefde vir mekaar altyd blom - deur dik en dun. Kom oornag gerus weer by ons.
Este H - Jun 2023
Algehele gradering
Ons was baie welkom ontvang en die plekkie was goed toegerus.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Este, dit was 'n voorreg om julle te bederf. Ons hoop ons sien julle weet iewers in die toekoms. Baie dankie vir die mooi briefie en verrassinkie.
Mossie M - Feb 2023
Algehele gradering
Rustige en veilige oornagverblyf.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Mossie, dit was 'n voorreg om julle te kon bederf. Ons sien daarna uit om julle met jul volgende besoek 2024 aan Ceres, weer te ontvang.
Wilhelm L - Jan 2023
Algehele gradering
Inderdaad vrede en vreugde.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Wilhelm, dit was 'n groot vreugde om julle te huisves. Mag vrede julle pad vul.
Marie E - Des 2023
Algehele gradering
Ons het baie lekker gebly.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Ek is dankbaar dat julle die verblyf by Vrede & Vreugde aangenaam gevind het.
Sonia S - Apr 2023
Algehele gradering
Tuiste weg van die huis.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Sonia, dit is wonderlik om te hoor dat jul my Maria van 33 jaar so aangenaam gevind het. Ons is ook baie dankbaar dat jul Vrede & Vreugde as 'n tuiskoms ervaar. Ek sien so uit daarna om julle weer hier te ontvang.
Waldo K - Apr 2023
Algehele gradering
Ons het gemaklik oorgeslaap.
Avalona V - Mrt 2023
Algehele gradering
The room is small, but if you are only using it to sleep there while on business during the day then it's perfect.
Ebenezer S - Jun 2023
Algehele gradering
Good stay, nice and warm and cosy.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Hi Ebenezer. It was a privilege to accommodate you.
Sharon C - Jun 2023
Algehele gradering
Gasvryheid was baie swak het 15:45 daar opgedaag waarna die man wat heeltyd in die huis gesit het, het eers op die kop 16:00 kom oopmaak.
Lees meerVrede & Vreugde se terugvoer
Dagsê Sharon.
Ons is jammer dat dit jou ervaring was. Ek wys jou net vriendelik weer daarop dat inkloktyd vanaf 16:00 is, omdat ons albei werk, my man werk wel van die huis af en was in 'n aanlyn vergadering.
Handdoeke word nie daagliks vervang nie, maar slegs elke derde dag. Basiese skoonmaakdienste word wel voorsien. Basiese respek vir skoonmakers word verwag deur toe te sien dat daar nie uitermate vuil gemors word nie.
Muesli tel as kitspap. Daar was ook genoeg beskuit en ander gesonde peuselgoed. Ons sit koffie uit vir 2 koppies per persoon per dag, maar moes Sondag die potjie weer volmaak, omdat 3 dae se koffie opgebruik is.
Sedert Covid 19 bring gaste hul eie toiletware.
Dit sou dalk goed gewees het as julle, soos ons versoek op die webblad, ons gekontak het en seker gemaak het van inkloktyd en om seker te maak wat julle kan verwag.
Jakobus A - Apr 2023
Algehele gradering
Sal nooit ooit weer gebruik nie.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Dagsê Jakobus. Ek is jammer as jou ervaring onaangenaam was. Ons inligting op die webtuiste dui aan dat ons 'n dubbelbed het. Ook op die foto's is 'n gewonde dubbelbed. Dit is jammer as jy dit mis gelees het.
Marina F - Aug 2022
Algehele gradering
Uitstekend, waarde vir geld.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Marina, dit was 'n voorreg om julle te ontmoet. Dankbaar dat julle tuis gevoel. Ons hoop ons sien mekaar weer iewers in die toekoms.
Hannes H - Aug 2022
Algehele gradering
Heerlik gerus en ontspan. Netjies, gerieflik en veilig.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Hannes, dit was 'n voorreg om julle te huisves. Ons hoop ons sien julle weer in die toekoms.
Elna T - Jul 2022
Algehele gradering
Klein, gerieflik en netjies.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Elna, dit was 'n voorreg om julle te huisves.
Neels V - Jun 2022
Algehele gradering
Baie gasvry en het ons welkom laat voel. Netjies en lekker eetgoedjies.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Neels, dit was 'n voorreg om julle te kon ontmoet. Volgende keer kom julle bietjie langer oorbly, sodat ek julle na al die mooi en besonderse plekke in die omgewing kan neem.
Charles D - Apr 2022
Algehele gradering
Very nice, clean and comfortable.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Charles, I really appreciate your feedback and is glad the unit met your needs.
We enjoyed hosting you here and you're welcome to visit us again.
Vrede & Vreugde to both of you.
Marita J - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie netjies en skoon. Baie vriendelike mense.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Beste Coetzee, jy was 'n baie aangename gas. Dankie dat jy by ons oorgebly het. Die mooi terugvoer word regtig baie waardeer. Ons hoop ons sien jou weer.
Thinus V - Mrt 2022
Algehele gradering
Besonderse wegbreekplekkie!
Vrede & Vreugde se terugvoer
Hi Thinus en Zelda. Ons het julle verblyf hier baie geniet. Dit was héérlik om julle te bederf. Dankie vir die koskompliment. Ek waardeer jul mooi terugvoer regtig baie. Onthou, jul is altyd welkom om weer by Vrede & Vreugde te kom oorbly. Ek sal sorg dat jy jou afvaldis dan kry. Zelda kan lasagne eet.
Mooi bly en kyk mooi na julleself.
Pine P - Mrt 2022
Algehele gradering
Baie aangenaam, presies wat ek benodig het. Vriendelike ontvangs en baie goeie diens.
Lees meerVrede & Vreugde se terugvoer
Dagsê Pine.
Dit was 'n voorreg om jou die paar dae te kon huisves. Ek is baie dankbaar jy het gerieflik gebly en welkom gevoel.
Baie, baie dankie vir jou gedetailleerde terugvoer. Dit laat my hart sommer warm klop en ja, ek is self kort, daarom wou ek die spieël laag genoeg hê vir mensies soos ons.
Adri D - Jun 2022
Algehele gradering
Heerlik oornag.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Dankie, Adri. Dit was goed om julle te kon bederf. Hoop jul kuier nog heerlik rond.
Annette L - Jun 2022
Algehele gradering
Als wat jy nodig het vir 'n vinnige oorslaap.
Vrede & Vreugde se terugvoer
Dankie, Annette. Dit was goed om jou hier te ontvang.
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Porterstraat 40, Ceres, 6835, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang