Vredelus Plaas Verblyf
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vredelus Plaas, Langs Newstraat, De Rust, 6651, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Vredelus Plaas Verblyf is op 'n werkende plaas geleë. Dit grens aan die dorp en is stapafstand van winkels en restaurante in die dorp af. Die voorstoep bied lieflike uitsigte oor die Swartberge. Die vriendelike Schoeman-gesin bly ook in die hoofhuis.
Die huis word nie as geheel verhuur nie. Gaste kan óf een van die kamers in die huis óf 'n selfsorg-eenheid bespreek. 'n Ruim sitkamer is beskikbaar.
Die Selfsorg Eenheid 1 is op die hoofhuis se stoep en het sy eie ingang. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n privaat badkamer met 'n stort, asook 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, stoof en oond, 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasbak. Braaigeriewe is beskikbaar.
Die Selfsorg Eenheid 2 is 'n tuinwoonstel apart van die hoofhuis. Dit is groot en het 'n leefarea, kombuis en 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Braaigeriewe is beskikbaar.
Daar is herlaaibare ligte in die eenhede. Die Wi-Fi sal aan bly tydens beurtkrag.
Vredelus het ook 'n lekker, groot swembad en die plaas bied verskeie stap- en fietsryroetes. Die tuin het swaaie en 'n trampolien vir kinders. Kinders sal ook verheug wees oor die plaasdiere soos skape, volstruise en beeste.
Vredelus Plaas Verblyf is troeteldier- en kindervriendelik. Verskeie restaurante is binne 'n kort entjie se stap van die plaashuis af geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Alsje Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 90
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Vredelus Plaas, Langs Newstraat, De Rust, 6651, Wes-Kaap
- Gaste dink Vredelus Plaas Verblyf het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Rust Oudtshoorn Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vredelus Plaas, Langs Newstraat, De Rust, 6651, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang