Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Vultures Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tielman Roos-laan, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Vanaf R920 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Vultures Lodge skuil aan die voet van die Aasvoëlberg in die Suid-Vrystaatse dorpie, Zastron. Die lodge bied 'n stil en rustige atmosfeer sodat gaste in hierdie pragtige omgewing kan ontspan.

Die verblyf word in gerieflike dubbel- en gesinskamers met en suite-badkamers in die hoofhuis aangebied. Verder is daar ook 2 losstaande selfsorgkothuise. Elke die gastekamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n stort-oor-bad. Daar is ook 'n TV, gratis WiFi, 'm yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe in elke kamer.

Die selfsorgkothuise bied elkeen slaapplek aan 3 gaste en het 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenhede het ook gratis WiFi, 'n leefarea en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel. Die sitarea het 'n gemaklike enkelslaapbank en 'n TV met Netflix en YouTube.

Daar is oorgenoeg aktiwiteite in die area soos 'n gholfbaan, 4x4-roetes, voëlkyk, voetslaan, abseil, rotsklim en vlotvaart op die rivier. Gaste kan ook die pragtige dorp met plaaslike restaurante en winkels besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Gin W
5.0
Really enjoyed it, thank you. Delightful and homely.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Allison A
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Welcoming, extremely clean. Very quiet. Beautifully furnished. Loads of history. Hiking up the mountain straight from the ga...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Nadine V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese mooi uitsig in die berge. Op die hande gedra. Ongelooflik vriendelike gasvrou. Uit hul pad gegaan om dit spesiaal te maak met al die klein...
Sien meer
Aug 2024
Maria T
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker geslaap. Sal weer daar oornag. Ons het baie lekker rustig hier gebly. Mooi tuine en die ou huis is pragtig en die dekor. Mense baie vriend...
Sien meer
Jan 2024
Stephanie R
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike oornag-plek goed toegeruste huisie. Pragtige plek met goeie geriewe. Heerlike oornag stop.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Vultures Lodge Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Tielman Roos-laan, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Gaste dink Vultures Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Zastron Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 920
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 920
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tielman Roos-laan, Zastron, 9950, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb5773bd36d340fc272b3e2f6f9403ebbd8b0aa12d1a66e05215769e07da6e4e81d365c5c80c6a7b30f4b2d9c741a7b8e163f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag, vir 2 mense 59 5 1 5 Tielman Roos Avenue Zastron 9950 Vrystaat 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -30.296894303586 27.071836478725

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang