Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Walker Inn

Langtermynverblyf-aanbod 45% af

Kry 45% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Snowy Walker-straat 426a, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Vanaf R780 R429 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Walker Inn is 'n gemaklike semi-selfsorg-eenheid vir 2 gaste en is in Garsfontein, Pretoria geleë.

Die eenheid is apart van die hoofhuis, maar is op dieselfde perseel. Dit is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. 'n Koue ontbyt, braai-pakke of aandete is teen 'n addisionele koste en op versoek beskikbaar.
Let asb. daarop dat 'n gratis selfsorg-ontbyt voorsien word vir verblyf wat langer as 3 nagte is.

Die eenhied het WiFi en 'n stoep met braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek vir een voertuig, parkeerplek vir addisionele voertuie kan per versoek gereël word. Die eenheid maak van sonkrag gebruik en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Walker Inn is 1,2 km van Faerie Glen-hospitaal af, en 3 km vanaf Menlyn Main-sentrum en Menlyn Park-winkelsentrum. Gaste kan ook die Faerie Glen Natuurreservaat besoek of 'n potjie gholf op die Woodhill Gholfbaan geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marlene F
5.0
Uitstekende verblyf teen 'n sakpas prys! Ek was baie aangenaam verras oor die verblyf en ook die bekostigbaarheid. Christine was baie bedagsaam met di...
Sien meer
Sep 2024
Cindy W
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is 'n rustige en veilige omgewing. Het baie lekker gebly, dankie.
Jul 2024
Anne N
Saam met lewensmaat
5.0
Het net oorgeslaap omdat ons baie vroeg by die lughawe moes wees. Netjies en skoon, gerieflik en vriendelike gasvrou. Baie dankie.
Jul 2024
Elsie O
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige paar dae daar deur gebring ten spyte van die erge hitte! Dit is 'n netjiese plekkie, en naby die hospitaal geleë, wat vir ons baie belangrik w...
Sien meer
Mrt 2024
Hanno K
5.0
Waarde vir geld, goeie ligging en gemaklik. M. Gemaklike plek om te bly, waarde vir geld en baie goeie ligging. Die basiese wat nodig was om 'self cat...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Snowy Walker-straat 426a, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink Walker Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R780
R 780 R 429
per nag, vir 2 mense
Vanaf R780
R 780 R 429
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Snowy Walker-straat 426a, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e63456a6043e1fca054ac8aa88855b7772e041c7cc559d0758b436568e27a7de121cede3f83b5d78ce998854be8f311a7e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R780 nouVanaf R429 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 426a Snowy Walker Street Garsfontein 0081 Gauteng 021 201 8901 15:00-18:00 11:00 -25.787742905657 28.298064796295

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang