Walkersons Hotel and Spa
- Kapasiteit: 50 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Walkersons Privaat Landgoed, Langs die R540, 10 km buite Dullstroom, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R5 950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Walkersons Hotel and Spa verwelkom al vir meer as 20 jaar besoekers aan Dullstroom. Die pragtige plattelandse uitsigte, foreldamme, luukse verblyf met al die moderne geriewe en heerlike maaltye maak Walkersons 'n bekoorlike en onvergeetlike bestemming. Die oorspronklike eienaars het Walkersons met 'n Skotse, plattelandse atmosfeer ingerig deur dit van natuurlike klip en hout met interessante hoekies en draaitjies te laat bou.
Walkersons Hotel and Spa bied bekoorlike verblyf in 27 suites en 'n wittebroodsuite. Elke suite spog met elegante dekor, 'n smaakvol versierde badkamer en 'n groot stoep. Walkersons Hotel and Spa bied 5 ruim selfsorgkothuisie op die landgoed van 800 hektaar en elkeen is 'n ander afstand van die hotel af. Elke luukse kothuis bied privaatheid en rustigheid.
Daar is 2 restaurante, The Flying Scotsman en The Terrace, op die perseel. The Flying Scotsman is die ideale plek vir 'n dekadente 4-gangaandete. Die spyskaart word daagliks verander en daar word van vars, seisoenale bestanddele gebruik gemaak. The Terrace is oop vir ontbyt, middagete en aandete en bied ligter maaltye regdeur die dag. Walkersons bied elegante eetkamers, 'n lieflike terras, die Peggy's Bar en grasperke wat na die weggesteekte swembad lei.
The Spa bied 'n rustige atmosfeer en gaste kan 'n verskeidenheid behandelings en prosedures deur gekwalifiseerde en ervare terapeute daar geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Walkersons Privaat Landgoed, Langs die R540, 10 km buite Dullstroom, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 50 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Walkersons Privaat Landgoed, Langs die R540, 10 km buite Dullstroom, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang