Walkersons
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R540, Walkersons Luxury Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Walkersons Landgoed is reg op die Mpumalanga-hoëveld platorand se mis-sone, 10 km buite Dullstroom. Walkersons is 'n luukse landgoed, wat professioneel onderhou word en het ongelooflike natuurskoon, 'n bergstroom, waterval en vleilande. Die landgoed fokus op die natuur met aktiwiteite soos bergfietsry, draf, stap op geplaveide roetes, voëlkyk, perdry, bergklim, 14 wildsoorte en 12 foreldamme om in te hengel. Verder kan gaste die luukse spa by die die 5-ster-hotel, Walkersons Country Hotel, besoek.
Die gastehuis is in die Oos-Transvaalse plaasstyl gebou, ruim en het 3 slaapkamers en 'n studeerkamer. Dit is geskik vir 6 volwassenes en 2 kinders.
Die hele huis is op dieselfde vlak en grootliks geskik vir gaste met mobiliteitsuitdagings. Let egter daarop dat daar een trappie na die voorste stoep is.
Die 2 hoofslaapkamers is ruim, het elk 'n pragtige uitsig oor die Walkersonsvallei, met ’n koningingrootte-bed, elektriese komberse en 'n verhitte en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en daar is 'n studeerkamer met 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel 'n volledige badkamer en elkeen van dié twee kamers het 'n mooi uitsig na die oostelike kant van die huis.
Daar is 'n ruim oopplan-leefarea met 'n sitarea, eetarea, kombuis en 'n opwasarea. Die kombuis is met gasstoof, 'n elektriese waaieroond, lugbraaier, mikrogolf, groot yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, ysmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n Nespresso- en Nescafé Dolce Gusto-koffiemasjien en koffiedompelpotte. Gaste moet asb. net hulle eie koffie en kapsules saambring. Die sitarea het gemaklike sitplekke, DStv Premium, 'n TV, DVD-speler, onafhanklike skootrekenaarskerm en 'n klankstelsel. Gratis WiFi is beskikbaar vir sosiale media en DStv Premium wat sportkanale insluit.
Daar is buitebraaigeriewe op die stoep. Onderdakparkeerplek vir 4 voertuie, waarvan twee in 'n toesluitmotorhuis is is ook beskikbaar.
Gaste kan gerus bergfietse saambring om die pragtige geplaveide paadjies te verken.
Die landgoed bestuur die forelpermitte en gaste moet permitte aankoop teen 'n dagfooi per persoon. Gaste moet hul eie visvangtoerusting saambring. Slegs forel-kunsvlieghengel met drywende lyn en haaklose hoeke word op 'n vang-en-vrylaat-basis in die damme toegelaat, geen visvang word in die rivier toegelaat nie. Slegs gaste in die huis mag visvang, geen buitebesoekers word toegelaat om vis te vang nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Christiaan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- R540, Walkersons Luxury Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Walkersons het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R540, Walkersons Luxury Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang