Walvis Bay Backpackers & Self-catering
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: h/v 5de Weg en Unionstraat, Walvisbaai Toerismekantoor, Walvisbaai, 0000, Erongo
- Vanaf R690 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Walvis Bay Backpackers & Self-catering bied selfsorg-eenhede op die randjie van Walvisbaai in Namibië se Erongo-streek. Dis naby geriewe en trekpleisters in die dorp.
Verblyf word in 4 chalets, 1 gesinseenheid en 1 slaapsaal met 5 stapelbeddens gebied. Elke chalet is oopplan en beskik oor 'n slaaparea met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke chalet het ook 'n leefarea met 'n slaapbank vir 'n kind en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Verder het elke eenheid 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolf, tweeplaatstoof, ketel, eetgerei, breekware en 'n elektriese braaipan. Gratis WiFi en 'n staanwaaier is ook beskikbaar. Al die eenhede het braaigeriewe.
Die gesinseenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 3 kinders, en beskik oor 'n privaat badkamer met 'n stort, kombuis wat goed toegerus is en 'n buitearea met braaigeriewe. Die slaapsaal word per bed bespreek en het 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuis wat volledig toegerus is.
Gaste kan ook avontuurdoendinge by die bestuur op die perseel bespreek. Veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerhek beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Skoonheidskliniek
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Loamie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- h/v 5de Weg en Unionstraat, Walvisbaai Toerismekantoor, Walvisbaai, 0000, Erongo
- Gaste dink Walvis Bay Backpackers & Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Walvisbaai Erongo Namibië
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: h/v 5de Weg en Unionstraat, Walvisbaai Toerismekantoor, Walvisbaai, 0000, Erongo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang